Schweizer-herrie: Onnie onskuldig; LUR moet jammer sê

Die MRK het Elana Barkhuizen onskuldig bevind van alle bewerings teen haar. (Foto: Solidariteit)

Vier jaar nadat Elana Barkhuizen vir beweerde rassisme verguis is, het die Menseregtekommissie (MRK) Barkhuizen van alle bewerings teen haar vrygespreek en bevind die bewering dat die Laerskool Schweizer-Reneke onbillik teen vier leerders gediskrimineer het, kan nie gestaaf word nie.

Die MRK het boonop die destydse LUR vir onderwys, Sello Lehari, geroskam en bevind dat sy destydse bekendmaking van Barkhuizen se naam nie net ʼn skending van haar menseregte was nie, maar ook van haar menswaardigheid en reg op privaatheid.

Die huidige LUR vir onderwys moet nou binne twee weke ʼn openbare verskoning aanteken vir die optrede van haar voorganger en die manier waarop die departement en Lehari Barkhuizen behandel het.

“Die LUR moet verskoning vra vir die voormalige LUR se optrede om Barkhuizen valslik van rassisme te beskuldig en haar lewe en dié van haar gesin in die gevaar te stel deur haar identiteit bekend te maak,” lui die verslag.

Barkhuizen was in 2019 reeds twee jaar lank ʼn onderwyseres by die skool toe ʼn foto van ʼn gr. R-klas by die skool ʼn rasse-herrie laat losbars het. Op die foto kon gesien word hoe ʼn groep wit leerders saam in die middel van die klaskamer by ʼn tafel sit, terwyl vier swart kinders apart by ʼn tafel voor die deur van die klaskamer sit.

Die foto het soos ʼn veldbrand versprei en is as rassisties bestempel.

Barkhuizen is kort daarna geskors en Solidariteit het namens haar die arbeidshof in Johannesburg genader. Daar is bevind haar skorsing was onwettig en dit is omgekeer.

Die MRK se verslag gee Barkhuizen nou ook gelyk. Dit lui onder meer dat Barkhuizen nie verantwoordelik was vir die toewys van sitplekke in die klas nie. Uit die MRK se onderhoude met ouers, ook dié van die swart leerders op die foto, het dit geblyk hulle glo nie die toewys van sitplekke was rasgedrewe nie.

Een van die ouers het gesê dat meer as een van sy kinders by die skool ingeskryf is, en dat nie hy of sy kinders nog ooit rassisme daar ondervind het nie.

“Die bewering dat die skool onbillik teen die vier leerders gediskrimineer het, word nie gestaaf nie,” lui die MRK se verslag.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê Barkhuizen en haar gesin is ná die gebeure selfs gedwing om te verhuis. Dít nadat Lehari Barkhuizen se naam aan die publiek bekend gemaak het en aangekondig het dat sy oor die voorval geskors is.

Barkhuizen is daarna op verskeie openbare platforms as rassis uitgekryt.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Elana Barkhuizen tydens die hofaansoek. (Argieffoto: Solidariteit)

“Elana en haar gesin is deur hel in daardie tyd; ʼn hele gemeenskap is verwoes deur die oorhaastige, populistiese optrede van opportunistiese politici – waarvan die voorste Lehari self was. Ons is absoluut verheug daaroor dat sy nou geheel en al vrygespreek is, maar ongelooflik jammer oor die trauma wat sy en haar geliefdes moes verduur,” sê Hermann.

Solidariteit sê ook ten spyte van die gesloer met die MRK-verslag, is dit goeie nuus dat Lehari eindelik tot verantwoording geroep is oor sy “skandelike gedrag” tydens die gebeure.

Die MRK se verslag lui voorts: “Die ongemagtigde publikasie of verspreiding van die foto op ʼn manier wat die identiteit van die leerders in die media en op sosialemediaplatforms bekend maak […] is ʼn skending van die leerders se reg op privaatheid, asook op hul reg dat hul welstand, onderrig en ontwikkeling nie in die gedrang gebring word nie.”

Gewelddadige betogings het ná die verspreiding van die foto by die skool gewoed en dit het tot ʼn ontwrigting van onderwys gelei.

“Die betogers het die leerders se reg op basiese onderwys benadeel …” lui die verslag.

LUR moet verskoning vra

Betogers ruk destyds op na die Laerskool Schweizer-Reneke. (Argieffoto: ANA)

Die MRK beveel in sy verslag aan dat die skool se beheerliggaam binne 90 dae ʼn duidelike beleid oor die publikasie van boodskappe of foto’s van leerders aanvaar om te verseker hul identiteit en persoonlike inligting word ingevolge wetgewing beskerm.

Die skoolhoof moet ook binne 90 dae ʼn bywerking aan die MRK gee oor vordering met beleid oor rassisme, diversiteit en transformasie by die laerskool.

Solidariteit het die MRK se sterk veroordeling van Lehari verwelkom.

“Elana Barkhuizen was dapper genoeg om teen die departement en die histeriese media terug te baklei. Populistiese politici en die media sal danksy haar nou twee keer dink voordat hulle gewone mense se lewens verwoes met vals aantygings van rassisme,” sê Hermann.

Hermann sê nadat die LUR vir Barkhuizen in die openbaar as rassis uitgemaak het, het betogers die skool bestorm. “Dieselfde goeie juffrou het haar arms om ook die swart kindertjies gesit om hulle veilig te hou,” sê hy.

Uit die verslag lyk dit of die MRK “werklik moeite gedoen het” om een of ander bevinding teen Barkhuizen te kry, sê Hermann.

“Hulle kon nie. Sy is net ʼn goeie juffrou wat deur hel gegaan het as gevolg van rasbehepte politici.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Amelia ·

As een van die kinders seer gerky het agv betoogers wie sou dan die skuld gekry het Dink is jare te laat vir verskoning as ek sy was dagvaar die rook uit hul

Henry ·

hulle behoort haar n paar miljoen rand te betaal vir die vernedering wat sy moes deurmaak

Jr ·

Onthou net al betaal hulle is dit ek en jy die belasting betaaler wat moet opdok. Hulle gee nie n dit om want dis nie hulle geld

Francois ·

Ek stem nie saam. Maak die LUR in haar/sy hoedanik srlf aanspreeklik vir die dkade. Al kos dit 3 jaar se volle sslaris van fie LUR.

MK123 ·

Jr, jy is reg, maar ek voel beter as my belastinggeld aan haar betaal word as aan die ANC kaders…

melaney ·

Ek stem volkome saam. Die DA man kon nie vinnig genoeg by die skool opdaag om sy teenwoordigheid te wys en ook ‘n eier te lê teen die arme vrou.

Theuns ·

Presiesen AFGEDANK word! Hy is deur John tot LP bevorder ! Skande DA. Rede waarom vele mense DA verlaat en NOOIT weer DA sal steun tensy hul optree teen hul lede wat fouteer nie. Sy moet ook eis direk teen DA as verweerder oor hul ampsdraer se gedrag teenoor haar. Steun DA geregtigheid?

Johan ·

Hierdie nie-blanke Lehari moet gedagvaar word vir naamskending

Jack ·

Amelia is reg.Heeltemal te laat.Die reg moes lankal in haar guns bepaal het.Maar soos ons weet is die MRK net ‘n GROOT grap van die nuwe Suid Afrika.

Theuns ·

As dit andersom was het hul binne URE uitsoraak gegee. MRK is eensydig en kan nie vertrou word om minderhede se regte te beskerm nie.. soos hier bewys. JUSTICE DELAYED IS JUSTICE DENIED!

Piet 6 ·

Die DA het duur betaal aan stemme,maar ek glo nie hulle het al ooit verskoning gevra nie.

Marius ·

Wanner gaan die kaders van die “RAS WA” afval en besef alles gaan nie net oor hulle en rassisme nie????
Ek vra maar net want na 28 jaar is dit regtig tyd dat hulle groot word!!!! Baie geluk Juf , nou vir siviele saak vir die trauma ens.

Veritas ·

Jong, ek dink nie dit gaan ooit gebeur nie. Oor ‘n paar honderd jaar van nou, as die platinum, steenkool en ystererts klaar is en die Chinese is weg, sal die tipe politiekusse nog steeds die usual suspects blameer vir alles wat verkeerd gaan wees dan. Dit is belangrik om te verstaan dat die politiekusse hierdie tipe voorvalle gebruik om rasse haat aan te hits en nou moet sekere etniese groepe vir alles geblameer word om die mense vir die regte partye laat stem. Ek dink ‘n mens moet versigtig wees om nie te na-ief te wees nie en om te dink die politiekusse sal ooit ophou om rasse haat aan te blaas nie.

Gert ·

En dit is een van die redes hoekom ek nie meer vir die DA stem nie want hulle jeug leier van daar die tyd het ook bits vinnig op die bandwagon gespring

marius ·

Nou moet sy die blou rook uit hulle dagvaar in persoon . Geen aanvaarding van verskonintjies wat met wrang gespreek word nie . Roer hulle tee .

Hannelie ·

Ek stem Marius, sy moet nou geen greintjie jammerte in haar hê nie, al vra hul ook op TV of waar ookal verskoning, die skade is reeds gedoen.

Elméne ·

YES!!! Ek stem, dit is te maklik om MISKIEN ‘n paar woordjies van verskoning op papier te sit (en dit glad nie eens bedoel nie) vir die vals “skyn” daarvan. ROER HULLE SAKKE!!!!

Misky ·

‘n Verskoning is nie goed genoeg nie en boonop ook net omdat hulle nou gedwing word. Dagvaar hulle Elana en al wanneer hulle dit voel en aan hulle sakke.

Pieter ·

Dagvaar die wit wax uit hulle uit . Hierdie is sommer nonsens dat elke keer as hulle ongelukkig is die raskaart speel, en ons daaronder moet lei.

Suzette ·

Ek is werklik bly dat sy die saak gewen het. Ek sou graag wou sien dat lehari persoonlik verantwoordelik gehou moes word. Dis van geen waarde dat die opvolger om verskoning moet vra nie.
Is lehari gekors? Met volle salaris? Wat het geword van die persoon?

Hannelie ·

Nee daai Lehari sal nog haar groot vet pay elke maand kry…..want hul word mos beskerm.

Elméne ·

lehari?? Wonder ek ook, sit seker lekker op sy gat met volle salaris vir die afgelope 4 jaar.

Blikkies ·

Net ‘n verskoning is eenvoudig nie goed genoeg nie. Die vrou en haar familie is deur hel. Dagvaar daai Lehari in sy persoonlike hoedanigheid vir vergoeding.

Onnie ·

Suid Afrika het ‘n siek, siek rasbehepte land geword. Dis om van naar te word.

Jakkie ·

Elana looi hulle in die hof. Jy kan nie ‘n verskoning op jou brood smeer nie. Dagvaar die hele gespuis…..

Elma ·

Wat van n betaling as skadevergoeding en pyn en leiding. ‘n “sorry” beteken sweet blow nothing”. Dit maak nie die seer wat haar aangedoen is minder nie!

Hannelie ·

Kyk net na die betogers………spreek dit nie van rassisme nie????
As ek sy is dagvaar ek die destydse LUR, want ek dink sy is die rassis en dagvaar daai skool.
En ek dink dit is seker die kinders se eie keuse waar wil hul sit en meng, jy kan niemand dwing om ‘n keuse te maak as hul nie gemaklik daarmee voel nie.

Gideon ·

Gaan die LUR omverskoning vra? Ha ha ha….wanneer? Ons wag nogsteeds na maande in spanning vir mnr malema se verskoning wat ook nooit gaan gebeur nie jammer om te se

Sean ·

Hulle gaan teen jou draai as jy hulle nodig het Kies jou party reg

Johanna ·

Ek sal hul jaag tot by oom Daañtjie in die kalwer hok. Maar foeitog hul wil ook so graag meedoen 8n skole waar hul nie kon wees nie. Ha ha. Laat my lag

Porseleintjie ·

Wonder of tuisonderrig nie op lange duur die beter oplossing sal wees teen die ras siekte by ons skole nie.

Jack ·

Die Ingelse het ‘n gesegde: “Justice delayed is justice denied”. Al die destydse histerici en lankal aangestap. Die enigste manier om hierdie onreg reg te stel is te slaan daar waar dit seer maak – in hulle beursies. Ek sou vir Lehari en die Departement vir minstens R2miljoen dagvaar vir skadevergoeding en naamskending, asook skending van haar waardigheid, Die DA moet haar ook om verskoning vra. En alle Afrikaners moet VF+ stem.

Elméne ·

Ek stem saam behalwe met die “stem VF+”. Hulle het tot op datum nog waaragtig “sweet nothing” gedoen vir hulle eie mense. Wat nog vir die land?????

Jacobus ·

Ek is bly dat DA (effens halfhartig) bygesleep word. Ek het die slap verduideliking van ‘n nogal senior DA lid gesien – shame. En die jeugleier wat saamgeskree het – die DA het hom terstond gepromoveer.

Francois ·

Dis onaanvaarbaar. Waarom moet die EFF en almal wat deel was van die herrie, nie ook haar en die land omverskoning vra nie???

Andries ·

Ai, hoe lekker kry ek nou. Nou moet hul net verder gaan en ‘n siviele saak maak en genoeg eis sodat hul nie meer hoef te werk nie.

Mariana ·

MRK het gesoek vir iets TEEN haar. Ongelooflik. Bly sy is nou vrygespreek. Die rassisme nonsens het al baie mense se lewens verwoes. Bly Elana het nie gaan lê nie maar baklei vir haarself en haar familie. Die ras-ding raak afgesaag, almal skree gedurig rassisme, al is daar nie.

piet ·

Nee, dis nie goedgenoeg nie. Die LUR moet nou in sy persoonlike hoedanigheid gedagvaar word vir laster. Hierdie ouens moet dit fisies aan hul lyf voel anders tree hulle maar weer so op. Selfs al wen hulle nie die saak nie. Laat die nar deur die proses gaan.

piet ·

Let op die stertjie wat die MRK aanlas. Die skool moet nou hul reassebeleid voorle…so volgems die MRK hang daar maar nog steeds ‘n vraagteken…

mariannaj ·

Ek het ook nogal daai gesien. Sy word vrygespreek en nou word die skool se rassebeleid bevraagteken.

Elméne ·

Onthou dat die enigste, halfdooie breinsel nie hierdie situasie kan verwerk nie. En dan het die tor ook nog afgefoeter van die arme breinsel.

Cindy ·

as ek sy was het ek die LUR, die media en wie ookal haar geskors het reg in die begin gedagvaar!

Theuns ·

Pragtig! Bly vir haar. Die DA moet ook om. verskoning vra vir hul jeugleier,- wat sommer na die voorval BEVORDER IS NA LP- se optrede en opmerkings oor die voorval. So iemand hoort nie in DA as LP nie, John en Helen.

Sean ·

In hierdie land word n rassis erger behandel as n moordenaar en verkragter

Eugene ·

Baie geluk Elana barkhuizen en ook dankie dirk Hermann. Laat hulle Betaal.

Aai ·

Waar is daai rooi miere wat dink hulle is in die weermag hulle was ook deel van die naamskending

christo ·

Stel ‘n siviele eis teen die LUR en die hele spul wat haar Indië openbaar gekruisig en geëtiketteer het as ‘n rassis. Indien dit ook die DA is, dan dieselfde kam vir húlle. Ons is moeg vir die rassekaart en oorhaastige veroordelings.

Di ·

Hoop sy dagvaar die rook uit hulle uit. DIE wat so vinnig is om “rassisties” te SKREE, is self die GROOTSTE rassiste in hierdie land.

NWT ·

Die onderwyser moet die department en Lehari in sy persoonlike hoedanigheid vir miljoene dagvaar. Lehari se missie was om die onnie te verneder. Ek het die mense regie komitee se hele verslag gelees. Lehari wou die betogers tevrede stel. Dagvaar hom. Versioning is nie genoeg vir die vernedering wat die onderwyser moes deur gaan nie. Dagvaar ook die pa van een van die leerders wat die leerders wat die storie begin het voordat hy die ware feite groen het nie. Hy was die georkestreerd van die geweld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.