Uitdrukking: Met snaar en st(r)amboel

Argieffoto (Foto: alexramos10, Pixabay)

Uitdrukking:
Met snaar en st(r)amboel

Betekenis:
Dit beteken om te voet êrens heen te gaan.

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking het ontwikkel na aanleiding van musikante, veral Maleierslawe, wat destyds te voet rondbeweeg en gespeel het. Dit het betrekking op ʼn spesifieke groep musikante, die Stamboeltroep, wie se naam van Stamboel, die Turkse naam vir Konstantinopel, afgelei is.

Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses, Verklarende Afrikaanse Woordeboek (Labuschagne & Eksteen 2010)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.