Hier leer jy wat verbruikers werklik van jou produk dink, skryf Justin Chadwick. Die handelaars verkoop die produkte óf aan die eindverbruiker, óf aan die smouse wat dit aan die eindverbruiker verkoop. En as ʼn klant ongelukkig is, word die vars produkte teruggebring en vervang.
Lees meerAlles vir Saterdag 23 Maart 2024
Sewe van die bestes vir Stormers teen Edinburgh
Wanneer die Stormers hul geleenthede met al twee hande aangryp, kan hulle omtrent vir jou op ʼn rugbyveld baljaar. Hulle het sewe drieë teen Edinburgh gedruk.
Sharks terug in wen-water ná sege oor Ulster
Skielik is die selfvertroue terug; skielik word die wedstrydplan akkuraat uitgevoer; skielik is daar hope spangees en wen-momentum.
Catherine: Kankerskok vir Britse prinses
Die prinses van Wallis is geloof vir die openhartige en persoonlike aankondiging wat sy gedoen het, terwyl boodskappe van beterskap van regoor die wêreld ingestroom het.
Skole op Kaapse Vlakte halfwegstasies vir honger suikerbekkies
Suikerbekkies kan nie vir verder as 1,5 km vlieg sonder om te stop vir kos nie. Die vestiging van tuine by skole om as “vulstasies” vir die voëltjies te dien, help hulle om hul natuurlike migrasie te voltooi.
Reg om te regeer: Dís hoe ActionSA land wil regruk
Herman Mashaba, president van ActionSA, sê om Suid-Afrika reg te ruk gaan dapperheid en waagmoed verg. En ook dat mense vir iets nuut stem en hul vertroue plaas in ʼn geloofwaardige alternatief vir die mislukte politieke establishment.
ATKV Goudini het iets vir oud én jonk
“Soos ek op die koel stoep van die Slanghoekvilla sit, skuif die son skugter agter die Slanghoekberge in,” skryf Tania Heyns oor haar ervaring by die ATKV Goudini Spa.
Minstens R17 miljard nodig vir Bela-wet
Intussen sê dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder vir basiese onderwys, die “politieke agenda” van die Bela-wetsontwerp is nou duideliker as ooit. Hy sê ook die minister van basiese onderwys se kwansuise ommekeer oor taal- en toelatingsbeleid is om ʼn uiters beperkte toegewing na veel meer te laat lyk.
Vroue veiligste in Limpopo
ʼn Opname deur die versekeraar 1st for Women wys watter provinsies vroue eerder in moet woon, werk en studeer.
Faf vuur en vlam met wilgerlat, maar RCB verloor
Faf du Plessis het agt grenshoue in die eerste IPL-wedstryd van 2024 geslaan voordat hy die eerste van Mustafizur Rahman se vier slagoffers geword het.
Lidi de Waal: Vinkel en koljander met kuns en dig
Lidi is ʼn trekvoël. Van die Groot Karoo tot die Kalahari, van die Klein Karoo tot die Suidkus, tot die Weskus, noem maar op, sy het daar gebly.
‘Real Housewives’ se Rhona ʼn jaar later ‘sagter maar steeds selfversekerd’
Rhona reken die reeks was nie net ʼn reusesukses nie, maar een van haar grootste professionele en persoonlike leerskole.
Verstappen spring weer voor weg
Die vlieënde Hollander Max Verstappen het ook die eerste twee wedrenne van die seisoen, in Bahrain en Saoedi-Arabië, gewen nadat hy albei kere in die eerste plek weggespring het.
‘Nama-grond nie te koop’; gemeenskap vra moratorium op nuwe mynregte
Mynbou is ʼn kernbedryf vir die Noord-Kaap en die provinsie is ryk aan minerale hulpbronne. Terwyl die memorandum lui dat gemeenskappe nie teen ontwikkeling gekant is nie, wil hulle hê dit moet met hul toestemming gebeur.
Kan Taylor Swift SA ekonomie red?
Die ekonoom Waldo Krugell sê dit is hoog tyd dat Suid-Afrika buite die boks begin dink om weer lewe in sy sukkelende ekonomie te blaas. En ʼn internasionale superster soos Swift, wat die geld laat inrol oral waar sy gaan – ook vir plaaslike ekonomieë – kan dalk net die antwoord wees.
Dié agterlyn kan Dragons se vuur blus
Jake White het weer eens ʼn opwindende agterlyn tot sy beskikking vir vanaand se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Dragons in Newport.
Sabalenka se innerlike krag geloof
Aryna Sabalenka het haar eerste wedstryd terug op die baan ná Konstantin Koltsov se dood gewen.
#Dorplitiek: Vol damme, leë krane in Limpopo
Inwoners van onder meer Louis Trichardt, Thohoyandou, Levubu, Musina, Sinthumule en Kutama weet amper nie meer wat dit beteken om lopende water te hê nie.
Jantjies nou afrigter
Dié losskakel en stout seun van Suid-Afrikaanse rugby sê in ʼn plasing op sosiale media hy sien daarna uit om sy kennis en vaardighede met jong spelers te deel.
Ná Afrika-podiums droom Spies van Spele
Die Mosselbaaier Anneke Spies se gewigoptelvaardighede het vir drie silwer medaljes by die Afrika-spele in Ghana gesorg. Nou werk sy hard om haar Olimpiese droom ’n werklikheid te maak.