“Kamerade, maak babas en moenie bekommerd wees nie. Ek sal betaal, want die EFF-regering gaan die kindertoelaag van R520 tot R1 020 verdubbel omdat ons kinders beter verdien.”
Alles vir Saterdag 23 Maart 2024
NGV-planne net ‘verkiesingstaktiek’
Solidariteit meen sonder ʼn duidelike en geloofwaardige finansiële plan bly die NGV ʼn “hol politieke belofte” en dat die voorgenome stelsel in hierdie stadium gebruik word om verkiesingstemme te werf.
Voorgestelde parkeergarage laat Stellenbossers rooi sien
ʼn Gebou van drie verdiepings met parkeerplek vir soveel as 600 motors word na bewering in die vooruitsig gestel.
Marion Erskine skep oase vir boekwurms
“Ek probeer om die beste vir Afrikaans te doen, en te help bou aan ʼn wonderlike gemeenskap van mense wat lief is om te lees en vir Afrikaans.”
Meer as 60 dood in aanval by Moskou-konsert; VSA waarsku oor ‘terreuraanval’
Die Amerikaanse ambassade in Rusland het die land vroeër gewaarsku oor berigte dat “ekstremiste” beplan “om groot byeenkomste in Moskou te teiken”, ook konserte. Die Islamitiese Staat (IS) het reeds verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
Cink leer jonges les
Hulle noem hom die oupa van die toernooi, maar die 50-jarige Stewart Cink het Vrydagaand nie ʼn duit teruggestaan vir sy jonger teenstanders nie.
Kwadrupleeg met implantaat speel aanlyn skaak
Noland Arbaugh (29), wat agt jaar gelede van sy skouers af verlam gelaat is na ’n duikongeluk, het die Neuralink-implantaat in Januarie ontvang.
Hollywood: ‘The Sims’-fliek op pad; dokkie verklap donker kant van Nickelodeon
In die week se nuus uit Hollywood wink ʼn “Beetlejuice”-opvolg, en Beyoncé is in die sop oor ʼn bemarkingsveldtog.
Gedagte vir die dag: Begin met vandag
Jesus sê ons moet vandag leef, om van hier af na die toekoms toe te gaan, nie andersom nie.