Aiden Markram se snelboulaanval van Marco Jansen, Ottniel Baartman en Daniel Worrall het gesamentlik 55 paaltjies vir die Sunrisers Eastern Cape in die SA20-toernooi laat spat.
Sunrisers straal sukses in SA20
Die Sunrisers Eastern Cape het sy status as dié mik-en-mokerkrieketspan in die land onderstreep toe hy sy SA20-titel suksesvol verdedig het.
Aussie-vroue vee Proteas uit hul pad
Nadat daar Woensdag breë glimlagte op die Proteas se gesigte was omdat hulle die Aussies die eerste keer ooit in ʼn eendagwedstryd geklop het, was die verwagtinge groot om ʼn geskiedkundige reeksoorwinning te behaal. Maar die glimlagte het gou opgedroog.
Groentjies leer ʼn klipharde krieketles
“In toetskrieket is dit vyf dae van volgehoue druk en probeerslae. Jy kan nie bekostig om nie op jou beste teen ʼn span soos Nieu-Seeland te wees nie.”
Klaasen se kanonkolf vuur nóg ʼn wensalvo
“Daar is tans nie ʼn beter T20-kolwer in die wêreld nie,” het Kevin Pietersen op sosiale media gedeel nadat Heinrich Klaasen 74 blitsige lopies geslaan het.
Dinge val in plek vir Super Kings
Die Joburg Super Kings is besig om ʼn opwindende paar slotparagrawe vir die SA20-draaiboek neer te pen. Hulle wen nou die regte wedstryde op die regte tyd.
Marizanne kán krieket speel, Kap(p)iesj?
Die veelsydige Marizanne Kapp (75 lopies en 3/12) het geskitter in die Protea-vroue se spoggerige oorwinning teen Australië.
Ottniel, Marco verniel Super Giants
Die Sunrisers Eastern Cape kan sy SA20-titel verdedig nadat Ottniel Baartman en Marco Jansen onder die Durban’s Super Giants-kolwers gemaai het.
Proteas kry slae teen Kiwi’s
Ja, die SA20-toernooi is pret om te volg, maar dit is nie lekker as die Proteas sleg op die internasionale verhoog verloor nie.
Jong Proteas slaan 244 in halfeindstryd
Of die telling genoeg teen Indië se sterk kolwers gaan wees, is ʼn goeie vraag. Maar Suid-Afrika se boulers het al wedstryde vir die span gewen.
ʼn Tikkie Kane-pyn vir Proteas
Nieu-Seeland se Kane Williamson het die Protea-boulers op die Bay Oval gestraf. Die sterkolwer het vandag sy tweede honderdtal van die eerste toets gemoker.
Swartpette swaai vroeg reeds die septer
Rachin Ravindra het ʼn dubbele honderdtal teen die Protea-boulers geslaan en Nieu-Seeland kon meer as 500 lopies in sy eerste kolfbeurt aanteken.
SA20-reeks: Sunrisers klop Royals in laaste groepronde-stryd
Die Sunrisers Eastern Cape kan tereg voel dat hulle ʼn tweede agtereenvolgende jaar in die SA20-reeks afgeskeep word.
Strydros Faf vind sy ‘innerlike kryger’
Faf du Plessis het ʼn barshou teen die Durban’s Super Giants gespeel om te sorg dat sy Joburg Super Kings vir die SA20-uitspeelwedstryde kwalifiseer.
Kiwi-honderdtalle kniehalter Proteas
Kane Williamson en Rachin Ravindra se honderdtalle het ʼn goeie dag vir Nieu-Seeland op die krieketveld afgesluit nadat Tshepo Moreki ʼn paaltjie met sy eerste aflewering geneem het.
Proteas kan vriend en vyand teen Swartpette verras
“Dit is ʼn reusegeleentheid vir elke liewe speler om sy kleim in die toetsgroep af te steek,” het kaptein Neil Brand gesê.
Marco baljaar met kolf en bal
Die Sunrisers Eastern Cape se Marco Jansen het sy behendigheid met kolf en bal in die wedstryd teen die Paarl Royals onderstreep.
Krieket: Tafel gedek vir jong Proteas teen Indië
Dis Suid-Afrika teen Indië in die een halfeindronde en Australië teen Pakistan (of Bangladesj) in die ander halfeindronde van vanjaar se Wêreldbekertoernooi vir o. 19-krieketspanne.
Maphaka, Norton skitter vir jong Proteas
ʼn Mens hoef nie ʼn krieketsiener te wees om te voorspel dat Kwena Maphaka nog baie wedstryde vir sy span gaan wen nie.
Kolwers slaan 32 sesse op SuperSportpark
Kyle Verreynne, Ryan Rickelton, Dewald Brevis en Kieron Pollard het almal tot die sesslaanpret in die SA20-kragmeting tussen die Pretoria Capitals en MI Cape Town bygedra.