Die Italianers was rustyd met 17 – 14 voor
Lees meerAlles vir Saterdag 3 Februarie 2024
Pick n Pay onttrek dié grondboontjiebotterprodukte
Dié produkte bevat hoër as gereguleerde vlakke van aflatoksien.
OVK-verkiesingskode Saterdag twee keer oortree, sê DA
Lede van die EFF het na bewering “Shoot to Kill” by ʼn registrasiestasie in Limpopo gesing terwyl outomatiese wapens skynbaar na ʼn registrasiestasie in die Wes-Kaap geneem is.
VSA loods vergeldingsaanvalle op Irak, Sirië
Die Amerikaanse president Joe Biden sê dié lugaanvalle is maar net die begin. “Ons reaksie het vandag begin.”
Proteas kan vriend en vyand teen Swartpette verras
“Dit is ʼn reusegeleentheid vir elke liewe speler om sy kleim in die toetsgroep af te steek,” het kaptein Neil Brand gesê.
Presidensie verwys DA én sy ‘bewyse’ teen Mashatile na polisie
Die presidensie bevraagteken waarom die DA nie die polisie genader het nie indien hy werklik oor genoegsame bewyse van korrupsie teen adj.pres. Paul Mashatile beskik.
Marco baljaar met kolf en bal
Die Sunrisers Eastern Cape se Marco Jansen het sy behendigheid met kolf en bal in die wedstryd teen die Paarl Royals onderstreep.
Groot oorwinning gee Iere rede om te glo
“Om Frankryk met só ʼn telling te klop is baie onverwags. Jy staal jouself vooraf vir ʼn taai wedstryd; dalk het die rooi kaart dinge vir ons makliker gemaak, wie weet?”
50 sonder heenkome ná brand in Johannesburgse middestad
Meer as 20 plakkershutte is in dié gebou op die hoek van Kerk- en Goudstraat opgerig. Dit is verwoes toe dit Saterdagoggend aan die brand geraak het.
Krieket: Tafel gedek vir jong Proteas teen Indië
Dis Suid-Afrika teen Indië in die een halfeindronde en Australië teen Pakistan (of Bangladesj) in die ander halfeindronde van vanjaar se Wêreldbekertoernooi vir o. 19-krieketspanne.
Verbyganger kom ure ná motorfietsongeluk op slagoffer af
Die verbyganger was op pad werk toe toe hy op die kritiek beseerde motorfietsryer afgekom het.
GOOD skors Peter de Villiers ná bewerings van seksuele wangedrag
Bewerings van seksuele wangedrag is teen die voormalige Springbokbreier en nou ook voormalige GOOD-raadslid in die Drakenstein-munisipaliteit geopper.
Kyk: ‘Proe gou hier!’ saam met Ruan Josh
Ruan maak ʼn smaaklike omgedraaide appeltert wat blykbaar ʼn gunsteling in die Du Plessis-huis is.
Hollywood: Céline maak hart oop oor gesondheid in dokkie; Cher se voogdyskapaansoek misluk
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die week se jongste internasionale vermaaknuus.
Kiesers gewaarsku teen reën-, donderbuie
Reënbuie in die namiddag en donderbuie kan moontlik kiesers dié naweek van registrasiestasies weghou.
Gholf: Jong Åberg rooiwarm op Pebble Beach
Wat Åberg se prestasie merkwaardig maak, is dat dit die eerste keer as ʼn beroepspeler was dat hy op Pebble Beach in ʼn toernooi gespeel het.
Meer bekend oor aanval op SA soldate in DRK
Die twee lede van die Suid-Afrikaanse vredesmagte was glo deel van ʼn groep wat ʼn mediese ontruiming uitgevoer het toe hulle in die Karuba-streek van die Noord-Kivu-provinsie onder skoot gekom het.
Merc gee nuwe tree met GLC-koepee
Dis ʼn pragtige motor, die enjin is puik en die binneruim pragtig.
Luister: ‘Wys jou vleis’-broekies maak Boerboel volksbesit
Volgens die mede-eienaar van die Boerboel-klerereeks is die oorspronklike Boerboel-broekie, wat as die PT-broekie bekend staan, geskoei op ʼn patroon van sy oupa se grassnybroekie, “ʼn stokou broekie wat ek net so fabriek toe gestuur het”. Lees meer hier oor die ontstaan van die bekende handelsmerk:
Video: Minke slyp haar tande vir Wêreldkampioenskap
Die Down se sindroom-swemmer is volgens haar pa baie gefokus wanneer sy aan só ʼn toernooi deelneem en laat haarself geen vermaak of ontspanning toe nie.