Verbyganger kom ure ná motorfietsongeluk op slagoffer af

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Emer-G-Med)

ʼn Jong motorfietsryer het Vrydag ná ʼn ernstige motorongeluk vir ure in ʼn kritieke toestand in die bosse langs die pad in Centurion gelê voordat ’n verbyganger hom eindelik opgemerk en hulp ontbied het.

Daar word vermoed dat die 21-jarige man Vrydag omstreeks middernag in ’n ongeluk betrokke was. ’n Verbyganger het egter eers omstreeks 06:00 op hom in Van Ryneveld-laan in Pierre van Ryneveld afgekom.

Die verbyganger was op pad werk toe.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med,Sê paramedici is Vrydag net ná 06:00 na die toneel ontbied.

“Die pasiënt het glo Vrydag omstreeks middernag beheer oor sy motorfiets verloor en tussen die bosse langs die pad beland.”

Die man was by paramedici se aankoms op die toneel in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.