GOOD skors Peter de Villiers ná bewerings van seksuele wangedrag

Peter de Villiers (Foto: Nardus Engelbrecht, SAPA)

Die politieke party GOOD het Peter de Villiers summier as lid van dié party geskors nadat ʼn klag van seksuele wangedrag teen hom aanhangig gemaak is.

Die voormalige Springbokbreier en nou ook voormalige GOOD-raadslid in die Drakenstein-munisipaliteit, is van alle party-aktiwiteite geskors nadat ʼn lid van die party ʼn klag teen hom ingedien het.

GOOD het Vrydag gesê De Villiers se skorsing is nie ʼn skuldbevinding nie, maar weerspieël wel die erns van die bewerings.

“GOOD se grondwet is ondubbelsinnig oor geslagsverhoudinge en geslagsgebaseerde geweld. Die grondwet is van toepassing op alle lede, ongeag hul posisie,” sê Brett Herron, sekretaris-generaal en parlementslid van GOOD.

“Die party sal dissiplinêre prosesse implementeer om te bepaal of die bepalings van sy grondwet oortree is.”

De Villiers se skorsing volg sowat ʼn jaar nadat hy ʼn pos as raadslid in die Drakenstein-munisipaliteit aanvaar het.

Maroela Media het vroeër berig De Villiers het in Junie 2022 aanvanklik as raadslid in dié munisipaliteit bedank, hoewel hy steeds ʼn lid van GOOD gebly het.

Die party het destyds gesê De Villiers het bedank om op ander aspekte van sy lewe te fokus en meer tyd saam met sy familie deur te bring. Sy vrou, Theresa, is in April 2022 oorlede en in 2019 het die egpaar hul dogter, Odile (28), weens kanker aan die dood afgestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Dit is die regte optrede en hoop hy word vervolg dinkk mos hul kan maak wat hul wil in magspossisies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.