Redakteursbrief: Ons mág maar kwaad wees

Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media Foto: Noeleen Foster

Vandag is ek kwaad. So kwaad dat die trane loop.

Ek is kwaad dat goeie mense met goeie harte hof toe moet gaan om te veg vir die reg om vir honger mense grondboontjiebottertoebroodjies uit te deel.

Ek is kwaad omdat ek vanaand, ná ʼn harde dag se werk met skoolwerk en huisverantwoordelikhede tussenin, nie vinnig vir my gesin iets kan gaan kry om te eet nie, en omdat Uber Eats nie meer dié tyd mag aflewer nie.

Ek is kwaad omdat ek my meisiekind wat vanoggend hartseer was oor al die eerstes van haar hoërskoolloopbaan wat sy misloop, en my seunskind wat vanoggend trane afgevee het oor hy sy maats mis, nie kan troos met ʼn McDonalds-draairoomys nie.

Ek is kwaad omdat ek saam met ʼn kollega moet planne maak om ʼn kospakkie uit te kry by ʼn honger gesin in Tembisa, want die regering se beloftes het nie by hulle uitgekom nie.

Ek is kwaad oor ons vorige tuinier, nou al ʼn bejaarde man, wie se stem vandag gebreek het van dankbaarheid toe ek hom bel en vra of ek hom vooruit kan vergoed vir verfwerk wat hy anderdag kan kom doen.

Ek is kwaad omdat ek Woensdag my niggie se begrafnis gaan bywoon waar die hartseer familie nie getroos sal kan word met ʼn koppie tee en ʼn toebroodjie nie.

Ek is kwaad vir al die ouers wat nie raaksien dat die geveg rondom die opening van skole ʼn politieke speletjie geword het en lank al nie meer in belang van ons kinders is nie.

Ek is kwaad omdat ek in die winkel nie kan sien wie vir my glimlag agter hulle maskers nie, en dat hulle my nie kan sien glimlag nie.

Ek is kwaad dat my seun vanoggend bang was vir die polisie omdat hy en sy hond tien oor nege eers by die huis aangekom het.

Ek is kwaad omdat my huis, my veilige plek, nou my werksplek is en omdat almal om my blootgestel is aan my werksdruk.

Ek is kwaad oor die talle CV’s van joernaliste wat ek die afgelope week in my e-posbus gekry het nadat twee groot media-instansies honderde mense moes laat gaan.

Ek is kwaad omdat ek vandag iemand moes help soek na skuiwergate in die regulasies sodat sy op ʼn wettige manier haar besigheid kan voortsit.

Ek is kwaad oor my vriendin nie haar siek pa in die hospitaal kan gaan besoek nie.

Ek is kwaad omdat my ma vereensaam en ek haar nie ʼn drukkie kan gee wanneer ek haar skelm besoek nie.

Ek is kwaad daaroor dat ek skuldig voel omdat ek steeds kan werk en ʼn salaris kan verdien. Ek is kwaad dat ek skuldig voel oor my gesin soos ʼn kringetjie om my gemaak het toe ek netnou huil oor Uber Eats en ek veilig en geliefd gevoel het.

Maar ek is die kwaadste oor die grondboontjiebotterbroodjies.

Ek lees in Jesaja 1 vers 17: “Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.”

Hierdie keer weet ek, mág ons maar kwaad wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jacobus ·

Presies reg. Weet ook as daar skuldiges iewers wegruip sal hulle hulle dag kry. Sterkte. Woede is soos stoom in stoomketel. As jy nie bietjie afblaas nie doen jy jouself groot skade aan.

Snowball ·

Ek is verby kwaad, verby vra vir die Here hoekom dit goed gaan met goddeloses, terwyl onskuldiges swaarkry en honger is, verby sin maak van sinnelose politici.

Ons almal se kwaad en trane lei tot niks, miskien ‘n bietjie uitlaat van opgeboude spanning, maar dit verander niks – of dit ‘n gebalde vuis, ‘n vloekwoord of ‘n traan is, die feit bly staan, ons is hier, kollektief as mensdom ingeboender en moet hier deur. Ons nuwe werklikheid het aangebreek.

Al wat oorbly is bid vir krag, insig en beskerming van die Hemelse Vader, wat te midde van ook hierdie ellende, nooit Sy kinders laat vaar nie.

Fluisterwind ·

Ek is veral kwaad dat 118 mense in ons Spar toegelaat kan word op ‘n slag, maar dat ons gemeente wat skaars meer as 100 lede is nie die gemeenskap van die heiliges mag beleef nie. Ek kan nie sakramente sien en beleef nie, kinders ten doop bring of Nagmaal vier met mede gelowiges nie. Ons wat nou juis ons wil verootmoedig as gemeentes, en mekaar wil onderskraag wanneer iemand sy of haar werk verloor het, is nou “verbode”, bid jou dit aan!

Raadslid ·

Ek is kwaad omdat witmense steeds kos in Tembisa aflewer, terwyl talle wit gesinne nie weet waar vandag en môre se stukkie brood

Anoniem ·

Raadslid ek stem heelhartig saam met jou kommentaar. Hoekom ‘our people’ nog help as daar so teen die blankes gediskrimineer word.

Mercia ·

Ware woorde en in ‘n tyd waar daar soveel moenies en beperkings op alle areas van die lewe is, is dit gerusstellend om te weet dat daar nog mense is wat teen die onreg baklei…..al is dit eers in ons binnekante. Dat ons nie ook nog ons emosies hoef te ontken en weg te steek nie. Dat dit nie ‘n moet is om gedweë voort te strompel binne die boksie waarin ons geprop is nie. Dat ons teen die onreg kan begin timmer en skaaf omdat dit ons wil laat wegkwyn tot skaduwees wat bloot bestaan.

Sarel ·

Susan dankie ir hierdie bietjie stoom afblaas. Voel saam.met jou

PRET(oria) ·

Goeiedag Susan. Ek stem 100% saam met jou. Daar is een globale “kwaad” wat ek net nie kan verstaan nie en dit is ons demokrasie. Waar is ons demokratiese land? Wat beteken dit? Hoekom staan NIEMAND op teen hierdie ONGRONDWETLIKE en ONDEMOKRATIESE beleid van die regering nie? Is ons dan ewe skielik sonder enige stem? Dit is nie net die klein blanke ondernemings, die kinders wat “ingehok” word, die miljoene rokers en drinkers nie maar ons land se burgers wat letterlik op die rand van hongersnood staan wat met ‘n kommunistiese ystervuis ingeboender word. Ek is ook een van die bevoorregtes wat “vryheid” van beweging het en ‘n vaste salaris verdien maar wat van die miljoene ander burgers? Hoekom staan niemand op teen die ongrondwetlikheid nie?

Maria ·

Elkeen wat internet of n paar rand ekstra het moet deelneem aan aksies om die regering te stuit in die howe. Dit is hoe ons moet saamstaan. Maak bydraes of stuur selfs n kort brief aan die president, aan enige iemand in n posisie van gesag. Dit is nou of nooit/

Michael ·

Daar is ‘n paar wat wil opstaan maar die meerderheid Afrikaners glo nog rampokker is hul verlosser-seker maar omdat dit nog te goed gaan met hulle-ons wat reeds al ons inkomste van ons klein besighede verloor het is te min om op te staan

Willem ·

Ek/ons is kwaad omdat daar tyd en geld gemors word in ń hof om ń toebroodjie by ń honger persoon uit te kry. Ek is kwaad omdat mense met gesonde verstand nie regverdig kan dink nie

Mieke ·

Dis nie dat hierdie mense nie kan dink nie, maar dit is veel eerder ‘n selfsugtige magsvertoon en korrupte, kriminele gedrag teenoor minderbevoorregtes wat toegepas word!

Alleen Wolf ·

Meeste van ons wat op hierdie forum kommentaar lewer doen dit uit woede en frustrasie uit, ek is so befoeterd dat die trane loop, ons hou aan praat en praat en niks gebeur nie, die staatskapers regeer ons lewens en ons vra die howe en oorsese lande vir hulp, sal niks van kom nie, ons moet onsself help en gou.
Ek weet een ding, hierdie bedrogspul wat hulleself ons regering noem sal ook hulle dag kry, die wiel draai, stadig maar seker.

Bloedhond ·

Ek is kwaad omdat soveel wit mense nog maskers dra en soos skape na die slagpale mekaar vertrap.

Michael ·

Bloedhond dis omdat dit nog te goed met hulle gaan-wag tot die laaste sent uitbetaal word dan sal hulle ander dink-hopelik

Sonneblomkind ·

Ek stem saam, mens moet uiting gee, my hart gaan uit na almal wat goeie harte het en goed doen

Gerrie ·

Ek dra my masker, leef versigtig en volg die (internasionale) voorskrifte, nie omdat die regering of minister of raad so se nie maar OMDAT EK NIE DIE VIRUS WIL KRY NIE, EK NIE DIE VIRUS WIL OORDRA NIE EN LES BES EK NIE KAN BEKOSTIG OM DIE VIRUS TE KRY NIE. Hoe domastrant kan mens wees om nie ‘n masker te wil dra omdat jy as blanke een of ander futiele magsvertoon daaraan heg om sonder ‘n masker in ‘n geinfekteerde omgewing rond te stap. Maar nou ja mens moet seker nie te verbaas wees oor sulke kunstige “in die voet skietery” hier in onse land nie,

Michael ·

Ou Gerrie die kommuniste het jou klaar onder beheer-MET VREES-DIE OU KOMMUNISTIESE TAKTIEK

Tertia ·

Daardie gronboontjiebotterbroodjies vat my ook aan ‘n nerf waaraan liewer nie gevat behoort te word nie. Soos Fiela gese het, ‘God vergewe ons baie, maar Hy vergewe ons nie die kwaad wat ons ‘n kind aandoen nie.”
Van kwaad wees kan jy my min vertel. Ek is kwaad omdat my matrieks my so bitter nodig het, maar ek mag nie terug gaan skool toe nie, want ek het asma en ek is te oud. Ek is kwaad vir mede-onnies, wat (so lyk dit vir my) vereet het waarom ons onderwysers is en eerder lekker lank wil vakansie hou as om te werk. Ek is kwaad omdat ek vir kinders van ander skole as my eie moet en wil help, want hulle skool het in 5 weke nog net 3 bladsye werk gestuur. Ek is kwaad omdat ek oproepe kry in die middel van die nag wat vra, mevrou, mag ek ASSEBLIEF die wagwoord vir ons You Tube kanaal vir my maats in die ander skool gee, want hulle verstaan niks. Ek is kwaad want daardie selfde juffrou is een van die wat so vinnig kla dat dit ‘te gevaarlik’ is om terug skool toe te gaan.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Intussen gaan die ongebreidelde bevolkingsaanwas, onwettige imigrasie en groei van plakkerskampe voort en word die natuurlewe gestroop. Tragies verby. Quo vadis Suid-Afrika? Waar is die ANC “kollektief” om ons te red? Wat gaan die goeie Suid-Afrikaners vorentoe doen om Suid-Afrika te “red” uit die moeras van onregverdigheid, rasisme, korrupsie en wetloosheid? En waar is die ware leiers wat Suid-Afrika en alle Suid-Afrikaners eerste stel?

Riana ·

Vansag story ek n traan saam met jou oor al die seer, woede, verlange . hongerpyne en og baie meer deur politieke speletjies veroorsaak word.

tokkelosh ·

Sedert hierdie regering aan bewind gekom het, het ek nog nooit ‘n sent vir “our piepol” gegee. Ek en my vrou doen ons huiswerk en tuinwerk self. Dit verskaf my ook een groot lekkerkry om nou vir “our piepol” wat by my kom bedel in alle eerlikheid te sê dat die ANC dit onwettig verklaar het om vir hom enige kos te gee en miskien moet hy volgende keer twee keer dink vir wie hy stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.