Verkiesing sal verdelingslyne in Amerika verder verdiep

Donald Trump en Hillary Clinton (Foto: Nigel Parry vir CNN)

Donald Trump en Hillary Clinton (Foto: Nigel Parry vir CNN)

Twee Amerikas. Die een multikultureel, liberaal, sentralisties, regulerend, stedelik, globalisties en in beheer van die Withuis. Die ander een tradisioneel, wit, konserwatief, federalisties, voorstedelik en plattelands, anti-globalisties en ontmagtig. Bestaan Amerika vandag uit twee onversoenbare wêrelde?

Indien jy na die pas afgelope konvensie van die Demokratiese Party en dié van die Republikeine ’n week vantevore gekyk het, sal jy so dink. Donald Trump verteenwoordig die stem van Amerikaners wat vrees dat hulle besig is om hul land te verloor en dat gewone mense die mag moet hê om die radikale transformasie van die land te stuit. Hillary Clinton verteenwoordig die stem van Amerikaners wat glo dat Amerika radikaal moet transformeer en dat ’n sterk sentrale regering dit namens die mense moet doen.

Die een party het ʼn voormalige presidentsvrou en ervare politikus as kandidaat en die ander ’n sakeman wat nog nooit tot enige politieke posisie verkies is nie. Die een kandidaat verteenwoordig die hoop wat ’n sentrale regering kan bied, die ander die weerstand teen ’n sentrale regering wat mag misbruik, ’n burokratiese rompslomp veroorsaak en gewone burgers hul vryhede ontneem.

Toe Hillary Clinton die nominasie as presidentskandidaat van die Demokrate in Philadelphia aanvaar het, het sy onbeskaamd op haar lang rekord as ’n deel van die politieke masjien in Washington D.C. gefokus. Clinton se strategie om op 8 November as Amerikaanse president verkies te word, is toenemend duidelik. Sy besef die onsekerheid, woede en vrees wat onder baie Amerikaners heers. In plaas daarvan om die regering as die rede vir Amerika se probleme te beskou wil sy die regering as die antwoord op hierdie probleme aanbied. Haar ervaring en kennis van regering word dus as die oplossing van probleme en ’n bron van sekerheid in onsekere tye aan kiesers voorgehou.

Dit staan in skrille kontras met Donald Trump wie se veldtog gebou is op die feit dat hy nie ’n beroepspolitikus is nie en dat die regering in Washington DC die oorsaak van Amerika se probleme is en dus deur iets totaal anders, ’n soort vars bries van buite, reggeruk moet word.

Die vier dae lange konvensie in Philadelphia is dus gekenmerk deur toesprake van ervare politici soos president Obama, adjunk-president Biden, vorige presidente Clinton en Carter en huidige leiers in die Senaat, Huis van Verteenwoordigers en talle regeringsinstellings. Die konvensie het bevestig dat die Demokrate vandag die party van die gevestigde politieke orde is. Na agt jaar van ’n Obama-presidentskap verteenwoordig die party die beginsels van sekerheid en dit wat bekend is.

Die vraag is wat wil ’n meerderheid van Amerikaners hê? Indien Obama se huidige vlakke van gewildheid hou en Clinton daarin kan slaag om ’n meerderheid van Amerikaners te oortuig dat vier jaar van ’n voortsetting van die huidige regering se beleid nodig is, sal Trump haar moeilik kan klop. Indien Obama ongewilder raak en ʼn meerderheid van burgers vernuwing en verandering wil sien gebeur, sal Trump ʼn kans hê om om te wen.

Die probleem is egter dat Amerika se diepe verdelingslyne eerder deur hierdie verkiesing versterk gaan word. Nie Trump of Clinton beskik soos John F. Kennedy of Ronald Reagan oor die vermoë om Amerika te laat verenig nie. Terwyl die verdelingslyne verdiep sal dit vir die nuwe Amerikaanse president baie moeilik wees om ernstige uitdagings soos terrorisme, internasionale konflik waarby die land betrokke is en plaaslike uitdagings soos rassespanning, ekonomiese groei en die verkrummelende infrastruktuur te bowe te kom. In ag genome Trump en Clinton se reeds hoë vlakke van ongewildheid is daar min rede om te glo dat een van hulle Reagan se gloeiende stad op die heuwel of Obama se nuwe land van hoop en verandering sal kan ewenaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Delia ·

Nou toe nou. MM, julle keuse van foto’s van die twee kandidate spreek boekdele!
Die nors, aggresiewe een en die vriendelike ou tannie! Kan duidelik sien waar julle simpatie le….

Ekwilibrium ·

Dis hoe Trump lyk as hy glimlag! As hy nors is het hy sy tipiese tuitbekkie…

Armando ·

Ek stem met Delia saam, hartlik. Ek wonder hoekom dit sal wees dat ook die Afrikaanse koerante enigsins vir die leunaarfamilie Clinton party sal trek. Is die SAUK-sirkus nie genoeg van ‘n waarskuwing nie?

Bruno Stef ·

Trump het die gesigsuitdrukking van n Wildeweste Wetstoepasser soos n tipiese “Wyat Earp” daarenteen lyk Clinton of sy een van die dames kan wees wat op die Hotel balkon in n deftige veelkleurige rok vir die “Cowboys” onder waai.

Rupert Ashford ·

Ek vind dit ironies dat MM ook lyk of hulle die sg gevestigde orde van Clinton ondersteun terwyl dit juis die gevestigde orde in SA is wat selfbeskikking en die verwesenliking van die Orania droom in SA vir altyd net ‘n droom sal laat bly. Trump verteenwoordig ‘n wereldwye desperate gryp na die ontmagtigde konserwatiewe basis wat die westerse samelewing gebring het waar dit vandag is en wat vinnig besig is om ondergrawe te word deur die new agers.

DewaldS ·

Maar bygesê – nadat ek die artikel weer gelees het, dink ek Jaco is bereid om sy eie pad te loop. Die tyd kom al nader…

Ronnie ·

Geanade Jaco, jou beskrywing van Hillery is bietjie eenogig. Wat van veroordeelde wat $400,000 beboet is in ‘n wyd publiseerde hofaak toe Bill nog net ‘n senator was, en die regter haar beskryf het as die grootste leunaar en oneerlikste getuie wat hy nog ooit gesien het!
Nou wil jy jou voorgee as ‘n ewewigtige kommentator? Ag nee man!

Jaco Kleynhans ·

Ronnie. Mens spel haar naam ‘Hillary’. Ek het net soos ‘n meerderheid van Amerikaners ‘n uiters negatiewe opinie vsn beide Clinton en Trump. Ja ek kon meer van Hillary Clinton se foute en sondes gelys het, maar genugtig ek kon baie meer van Trump se sondes ook gelys het. Om blind te wees vir Trump se sondes is naïef.

Daveltjie ·

Ek hoop Trump maak dit. Hy is ten minste reguit en vermaaklik! Ek dink hy is ‘n goeie organiseerder en besigheidsman, wat meer is as wat Clinton kan sê. Sy lyk baie naïef, siende dat sy meer as 200 vertroulike regerings eposse die wêreld laat ingaan het en toe sy ondersoek word, ewe skelm ‘n klomp eposse vinnig afgevee het. Dis eintlik dwarsboming van die gereg soos ons nr 1 in sekere opsigte. Nee wat, ek dink hy is die beter een van die twee euwels. Nie een van die twee is gewild nie. Trump loop tans ‘n kortkop voor in die peilings.

Marius ·

Daar is ‘n hele paar oorveralgemeende stellings in dié artikel. Amerkaanse politiek geensins so swart en wit soos die aannames in die artikel nie. Komaan, ek weet dis net opinies maar regtig.

JT ·

Trump is ‘n yster wat die wereld gaan red van “useless carreer politicians”! Ons het engineurs, projek bestuurders ens nodig om ons land en wereld te lei. Nie mense wat nerens anders werk kan kry nie!

Alf Pierce ·

Voor 94, enige motor voertuig moes 66% plaaslik vervaardiging gehad het, die vervaadiging sektor het geblooi en gegroei ! Na 94, nee wat dit is sommer nonsens doen weg met die 66% en siedaar, die vervaardiging stort in duie.
Ek hoop trump wen !

gatiep ·

Clinton klink of sy n wereldwye komunistiese stelsel wil instel as ek reg lees wat hier staan.
Goverment reel jou lewe?
Go Trump go keer haar asb.

Johann Heydenrych ·

Ag nee Jaco en MM — kry tog net perspektief. Ek hoop van harte Trump wen

Jaco Kleynhans ·

Johann. Jou reaksie is tipies van iemand wat net jou eie perspektief kan insien. Jou onvermoë om spesifieke punte uit die artikel te argumenteer bevestig my punt. Sterkte!

christine ·

Genade maar kan die vrou vir jou lieg. Hoop haar leuns haal haar in.

Len ·

Ek wonder wie van u het die berig met aandag gelees.Die dilema waarin die Amerikaanse publiek verkeer is dat nie een van hierdie kandidate werklik n wêreldleier is nie. Selfs die mense van Amerika sê dat daar baie beter kandidate is, maar dat hul nie in die politiek belang stel nie.

Koos ·

Trump gaan ‘n groot verskil nie net in die VSA maar ook in die wêreld maak go Trump

Fanie ·

Jaco en MM, dankie vir hierdie uitstekende ontleding. Dit wys duidelik dat Jaco nie net ‘n leunstoel kommentator is nie, maar die VSA al verskeie kere besoek het. Dit was nie as toeris nie, maar om belangrike politieke kongresse daar by te woon om die binnewerking van die partye en dinkskrums te leer ken. Sy kommentaar op Pretoria FM, het Jaco al gevestig as die voorste Afrikaanse kenner oor die VSA politiek. Jaco blyk Republikeinsgesind te wees, maar dit maak hom nie blind vir hul foute nie. Dit gaan vir hom oor beginsels en beleid, eerder as persoonlikhede.

Anoniem ·

Goeie artikel Jaco. Ek verstaan wat jy sê. Trump is die onsekere kandidaat. As sy strategie reg geformuleer is gaan hy almal verras en n haas uit die hoed uit trek. Ek glo dat hy n baie beter keuse is as Hillary want hy gaan n vars bries wees. Min mense noem dat Reagan n baie ongewilde president was tootdat hy uitgetree het. Daarna kon almal due resultate sien. Gee Trump n kans!

Douglas ·

Jaco is nie Republikeins georienteerd nie. Ek is en ek stem niks met hom saam nie. Go Trump. Hoop jy roei sommer al die negatiewe mense teen jou ook uit. Trump for World President!!!!

Anoniem ·

Jy ken defnitief nie Jaco nie, dus jou stelling is ongekwalifiseerd. Die artikel noem net elke kandidaat se sterk en swak punte. So hoe lei jy af Jaco is nie pro-republikeins nie? Hy het n gebalanseerde opinie gegee. Sy taak is om jou in te lig, nie te probeer breinspoel nie. Soos wat die Seunse Weenkoor gewoonlik doen. Groete

Ignatius ·

Myn insiens wens ek Trump wen vir Amerika se onthalwe omdat ek hom as ‘n sterk leier sien.Hy is Israel goedgesind en hy sien die gevare van die radikale Moslems raak.Daar- teenoor is Hillary nie die Israeli’s goed gesind nie en blyk dit dat die radikale Moslems haar nie veel pla nie en is sy hulle goedgesind veral die Palestyne.
Sou die Demokrate wen,dink ek, gaan dit die verhoudinge tussen Amerika en die Israeli’s vertroebel.

Twakkie ·

Hillary is die een met verreweg die meeste politieke ondervinding, maar daar is ‘n paar dinge wat tans wêreldwyd téén die gevestigde orde in werk. Die instroming van “vlugtelinge” in Europa het die gevaar van die “bleeding heart liberalism” van die afgelope dekades uitgelig. Wanneer die liefdadigheidsgevalle se getalle die gewone hardwerkende Jan Burger s’n so ver oortref dat dit nie net maatskaplike voordele uitput nie, maar die demografie van ‘n land verander, raak dit onhoudbaar. Voeg daarby 9/11 en ander terreur en beide Obama en Clinton se weiering om enigsins maar die bestaan van die radikale-Moslem-gevaar te erken, en die gewone man is ontevrede en onrustig. Beide Obama en Clinton het met niks begin en skatryk geword uit wat die mense vermoed is gunste en gawes aan allerlei ongure karakters. Trump kan ten minste nie gekoop word nie, hy het genoeg. Nog ‘n ernstige kraak word veroorsaak deur die liberale se neiging om altyd téén die manne in uniform te kies, soos weer onlangs. Wat dekades gelede begin het as liberale se simpatie vir die “underdog” het uiteindelik belaglike afmetings aangeneem. Gewone mense is uiteindelik sat vir parasiete. Wat moet gebeur, sal gebeur. Maar interessant is dit gewis.

Frans C ·

Die ou SA weermag het bereken dat nadat grense feitlik oopgestel is 12.5 miljoen vreemdelinge
Suid Afrika binnegestroom het.Dit is later afgeskaal na 2.2 miljoen waarvan ongeveer 600 000 reeds burgerskap verwerf het.
Daar is natuurlik voordele en nadele verbonde aan die vreemdelinge. Die grootste nadeel lê waarskynlik daarin dat die vreemdelinge meer druk op Suid Afrika se verswakkende infrastruktuur ,water, sanitasie en elektristeit plaas, ‘n Voordeel is dat baie klein besighede begin en dus basiese voedsel beskikbaar stel in nedersettings en dat baie van die wat onwettig is bereid is om vir veel laer lone te werk as plaaslike arbeid, wat natuurlik deur baie werkgewers uitgebuit word.

Immigrasie is dus nie net ‘n Amerikaanse, Europese, of Afrika probleem nie.Mense sal altyd hul vestig waar hul reken hul drome verwesentlik sal word. Die vraag is kan die lande waarheen die mense hul wend dit bekostig of moet ‘charity begins at home’ voorkeur kry, iets wat blykbaar hoog op Trump se lysie van voorkeure is.

John ·

Alles het verander in die wereld sedert Clinton2 laas haar vogroom op haar bedkassse in die Withuis staan gemaak het. Trump is ‘n ongeslypte diamant en sy ‘n geslypte klippie: dis die verskil tussen die twee. As mens kyk na die reaksie van mense, kom die kritiek teen Trump van diegene wat die invloei van orals en regte vir almal, voorstaan. Hulle hou van wat Clinton beloof. Sy kan bestuur word. Trump is te slim. Sy ondersteuners besef ook die gevare wat paradys-politiek inhou. Die VSA se ‘blindekol’ veroorsaak nie net sy eie interne probleme nie maar orals oor. Daar is reeds ‘n onsigbare sentrale regering wat nie net die VVO, Navo en die EU se kern binnegedring het nie, maar dit werk ook met ‘n slinkse plan om lande plat te loop deur interne struwelinge aan te help en te voed. Die stryd teen ISIL is so halfhartig in Sirie want nog ‘n leier moet aan die galg hang vir Hillary se oopmond-giggel. Intussen word sakke vol lapis lazuli en oudhede uit die oorwonne lande deur soldate op vlugte na die VSA tussen die wapens gepak vir ‘n lekker geldjie vir die oudag. Dis ook waarom Putin die vark in die storie moet speel. Daar moet mos altyd een wees. Clinton2 is een van daai anties wat eerder die gifbottel sal aanwend as Franse parfuum. Die stank trek reeds vanuit Noord-Afrika tot hier. Dodelik.

gatiep ·

Ek moet se John dink nie n mens kon dit op n mooier beter manier as jy hier nie.
Daai anti is baie giftig.

mel ·

Clinton is deel van die “establishment” en dus net so korrup soos hulle. Ek hoop van harte dat Trump wen.

Hendrik ·

Vir al die Trump entosiaste: Sy besighede was al 6 maal bankrot en elke keer verloor hy as persoon niks. Hy het talle klein diensverskaffer aan sy besighede met n onbetaalde rekening gelaat wat baie van hulle bankrot gelaat het. Sy Trump university was net so n klug wat mense uitgebuit het. Weë Amerika as die man hulle nommer 1 word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.