Toer: Wat is Maroela-fontein?

Maroela-fontein is die plek waar jy jouself behoorlik kan kom tuismaak. Maroela-fontein is jou digitale dorp – dis deel van Maroela Media, waar jy as lojale leser kan tuis voel en ʼn bietjie meer voordele kan geniet as lesers wat sommer net wil lees sonder om hulle intrek in ons dorp te kom neem. Dis wa’ jy hoort!

Lewer kommentaar

Jy kan slegs met jou Maroela-fontein-verblyfpermit (jou geregistreerde gebruikersnaam en wagwoord) kommentaar lewer. As jy ingeteken bly, hoef jy nie elke keer jou naam en e-posadres in te vul nie, net soos jy nie jouself elke keer weer aan vriende hoef voor te stel nie.

Wys hoe jy voel

Wys vir ons hoe ’n storie jou laat voel deur die toepaslike maroela-vruggie te kies. Daar is vyf emosies: maak my knorrig, maak my hartseer, ek is verstom, ek lag lekker, ek hou hiervan. Jy kan ook met die klik van ʼn knoppie wys of jy van iemand se kommentaar hou of as jy nie daarmee saamstem nie, want mens het soms mos nie genoeg woorde om presies te sê wat jy graag wil nie.

Verkry status in die gemeenskap

Elke keer as jy ʼn nuwe bladsy op die webwerf besoek, ʼn storie deel, ʼn storie boekmerk of jou emosie aandui, verdien jy punte op Maroela-fontein wat ons “tiekies” noem. Hierdie tiekies help jou om erebalkies te ontsluit en beloon jou as getroue Maroela-leser. Hoe meer tiekies jy versamel, hoe groter is jou status in ons aanlyn gemeenskap – spog gerus in jou vriendekring met jou status op Maroela-fontein!

Stuur e-poskaarte

Kies en stuur ʼn e-poskaart met jou eie boodskap vir ʼn spesiale geleentheid. Of dit nou ʼn verjaarsdag, Valentynsdag of Kersfees is, of miskien ʼn nuwe meisiemens of seunsmens wat hul opwagting gemaak het of jou vriende wat dalk voor die kansel gaan staan het om mekaar trou te beloof, kan jy geliefde, familielid en vriend nou laat weet dat jy aan hulle dink!