‘n Werker is Vrydag beseer na die haak aan ‘n hyskraan op ‘n skip hom in die Durbanse hawe getref het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die voorval het Vrydagaand gebeur toe die man op die skip gewerk het. “Die haak aan die hyskraan het hom in sy skouer getref,” het hy gesê. Paramedici het die man in ‘n stabiele toestand aangetref. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.