Marie-Louise Steyn bespreek die algemene probleme met borsvoeding, Pierre van Rooyen gee praktiese raad vir hoe om jou gesondheid te bestuur in die laaste praatjie oor iridologie en ons vertel jou meer van twee internasionale braaikompetisies.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "iridologie"
Allegaartjie 2 – Program 142
Marie-Louise Steyn verduidelik hoe die geboorteproses borsvoeding beïnvloed. Die iridoloog, Pierre van Rooyen, gee ʼn paar praktiese wenke oor hoe om jou gesondheid te bestuur en ons gesels vir oulaas met Susan Larney oor breinbeserings.
Allegaartjie 2 – Program 137
In hierdie Dinsdag se aflewering gesels Marie-Louise Steyn oor die voordele van borsvoeding vir ʼn mamma. Pierre van Rooyen gesels verder oor iridologie en ons kuier by die akteurs van Bakgat 3.
Allegaartjie 2 – Program 132
Ons vertel jou van die voordele daarvan om eksklusief te borsvoed vir die eerste ses maande van ʼn baba se lewe. Pierre van Rooyen verduidelik hoe ʼn iridologiese-sessie werk en Susan Larney vertel hoe hulle familie haar dogter se breinbesering verwerk het
Allegaartjie 2 – Program 127
In vandag se Allegaartjie bring ons vir jou drie splinternuwe gespreekreekse. Annelize Brits gesels met Marie-Louise Steyn oor borsvoeding. Pierre van Rooyen vertel ons meer oor iridologie en ons kuier saam met Susan Larney. Haar dogter het self ʼn ernstige breinbesering opgedoen en sy vertel ons meer hieroor.