Bepalings en voorwaardes

Lees ook: Privaatheidsbeleid | Koekies | Handleiding vir toegang tot inligting

Effektiewe datum: Augustus 2019
Bygewerk: September 2023

1. Posisionering en waardes

Maroela Media handhaaf die onderstaande posisionering en waardes:

1.1 Posisionering

Maroela Media is onder andere ‘n aanlyn, Afrikaanse meningsruimte oor hoe die samelewing ingerig is, met ‘n oriëntering op vryheid en gemeenskap.

1.2 Waardes

Gesprekvoering geskied binne ‘n bepaalde ruimte van voorkeure en ons inhoud weerspieël dit.

1.2.1.   Christelike waarderaamwerk: Gesprekvoering vind binne ’n Christelike raamwerk plaas en die styl en inhoud van gesprekvoering sal daardeur beïnvloed word.

1.2.2.   Individuele vryheid: dat elke mens in die eerste plek vir homself verantwoordelik is en vry van dwang behoort te wees om sy/haar roeping na te streef.

1.2.3.   Vrye gemeenskapsvorming: dat elke mens homself in gemeenskapsverband uitleef – die hoekstene van die beskawing en ’n sinvolle lewe.

1.2.4.   Respek aan die gesag van die tradisie: dat die bewyslas vir die verwerping van ’n gebruik of tradisie by die verwerper lê.

1.2.5.   Balans tussen probleem en oplossing: Maroela Media sal altyd daarna streef om ’n balans tussen probleem en oplossing te vind.

1.2.6.   Alternatiewe menings: Maroela Media plaas van tyd tot tyd op sekere afdelings van die webwerf menings van buite ons posisionering en waardes om gesprek aan te moedig ter wille van verdieping van die debat.

1.2.7.   Aanslag: Artikels handhaaf ’n beskaafde toon. Lesers kan dit uitdagend vind, maar dit sal nie uittartend wees nie.

2. Definisies

Tensy die teendeel duidelik aangedui word, het die volgende woorde en/of sinsnedes in hierdie beleidsdokument die volgende betekenis:

2.1.  Geskrewe teks: Geskrewe artikels van enige aard wat by die domein maroelamedia.co.za en sy subdomeins gepubliseer word, insluitend nuusartikels, resensies, notas, mediaverklarings, e-posboodskappe, data en enige ander internetplasings.

2.2.  Visuele produkte: Beeldende en grafiese kunste, foto’s ensovoorts wat deur Maroela Media vervaardig is en/of deur Maroela Media besit word.

2.3.  Multimediaprodukte: Videoproduksies, films, CD’s ensovoorts wat deur Maroela Media vervaardig is en/of deur Maroela Media besit word.

2.4.  Klankprodukte: CD’s, musiek, radioprogramme, radiovervolgverhale, radiodramas of enige ander klankgrepe wat deur Maroela Media vervaardig is en/of deur Maroela Media besit word.

2.5.  Gesproke teks: toesprake, digitale opnames, lesings, aanbiedings, onderhoude, notules ensovoorts wat deur Maroela Media vervaardig is en/of deur Maroela Media besit word.

2.6.  Samevoeging van inhoud: Verwys na inhoud van verskillende bronne wat saamgevoeg word vir herpublikasie en wat herskryf word, waarby nuwe inligting gevoeg word en wat die oorspronklike bron herken.

2.7.  Koekies (cookies): ʼn Koekie, ook bekend as ʼn HTTP-koekie, webkoekie, of blaaierkoekie, is ʼn klein hoeveelheid data wat van ʼn webwerf af gestuur word en in die gebruiker se webblaaier gestoor word terwyl die gebruiker die webwerf gebruik. Elke keer as die gebruiker die webwerf besoek, stuur die blaaier die koekie na die bediener terug om die webwerf van die gebruiker se vorige aktiwiteit te verwittig. Koekies is as ʼn betroubare instrument vir webwerwe ontwerp om inligting op ʼn staat (soos items in ʼn e-inkopiewaentjie) te onthou of om die gebruiker se blaai-aktiwiteite (insluitend klikke op spesifieke knoppies, intekening, of die bladsye wat maande of jare gelede deur die gebruiker besoek is) vas te lê.

3. Joernalistieke beleid

3.1.  Maroela Media onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode vir gedrukte en aanlyn media wat nuus wat waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd is, voorstaan. As jy voel dat ons nie na behore aan die Perskode voldoen nie, kan jy binne 20 dae van die datum van publikasie van die materiaal die Persombudsman kontak by 011 484 3612 of stuur ʼn faks aan 011 484 3619. Jy kan ook die saakbeampte per e-pos kontak by [email protected] of ʼn klag aanhangig maak op die webwerf www.presscouncil.org.za.

3.2.  Maroela Media se joernaliste is verbind daartoe om altyd:

3.2.1. Met integriteit op te tree

3.2.2. Erkenning aan bronne te gee

3.2.3. Die anonimiteit van ʼn inligtingsbron te waarborg, indien die bron dit so verkies

3.2.4. Erkenning aan die oorsprong van foto’s/fotograwe te gee

3.2.5. Die belang van sy lesers eerste te stel

3.2.6. So objektief moontlik beriggewing te doen

3.2.7. Altyd te poog om alle kante van ʼn saak te stel, onderhewig aan beskikbaarheid van betrokke partye

3.2.8. Geen belangrike inligting uit beriggewing weg te laat nie.

4. Samevoeging van inhoud (“aggregation”)

1.1.  Maroela Media maak van tyd tot tyd gebruik van die praktyk van samevoeging van inhoud deur inligting wat van ander bronne versamel is, te herpubliseer.

1.2.  Saamgevoegde inhoud word altyd herskryf deur Maroela Media se joernaliste.

1.3.  Waar moontlik word nuwe inligting bygewerk.

4.4. Die oorspronklike bron van saamgevoegde inhoud word altyd aangedui, met ʼn aktiewe skakel na die oorspronklike bron se artikel.

5. Deelname deur lesers

5.1.  Enigeen is welkom om kommentaar te lewer en deel te neem aan Maroela Media, welke kommentaar egter vry moet wees van rassisme, seksisme, homofobie, onvanpaste persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.

5.2.  Kommentators word gekoppel aan ’n elektroniese profiel.

5.3.  Kommentators mag slegs een profiel op Maroela Media bedryf.

5.4.  Kommentaar word outomaties en onveranderd op Maroela Media geplaas soos wat dit gelewer word.

5.5.  Profiele mag werklike name of skuilname wees, maar moet vergesel wees van werklike kontakbesonderhede van die persoon wat die kommentaar lewer.

5.6.  Kommentaar moet pas by die beskaafde toon en waardestelsel van Maroela Media.

5.7.  Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante, uitlokkende stellings (trolling of flaming), word nie toegelaat nie.

5.8.  Agtervolging van mede-kommentators (stalking) deur voortdurend op hul kommentaar te fokus en sinvolle reaksie op daardie kommentators in die weg te staan, word nie toegelaat nie.

5.9.  Herhaaldelike plasing van dieselfde inhoud in verskillende kommentaarstukke of die plasing van irrelevante inligting of skakels na irrelevante webadresse, word nie toegelaat nie.

5.10. Rassistiese en seksistiese kommentaar, of kommentaar wat andersins aanstootlik of diskriminerend van aard is, sal nie toegelaat word nie.

5.11. Ander lesers en kommentators sal nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.

5.12. Kommentaar moet relevant wees tot die artikel waarop kommentaar gelewer word.

5.13. Kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit, of lasterlik of Godslasterlik van aard is, sal nie geduld word nie.

5.14. ʼn Suksesvolle plasing van kommentaar is onderhewig aan ʼn outomatiese siftingsproses gebaseer op ʼn vooraf vasgestelde lys ongewenste/onaanvaarbare woorde en frases.

5.15. Maroela Media hou die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat ons insiens nie voldoen aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder.

5.16. Kommentaar op Maroela Media word beperk tot ’n maksimum van 250 woorde.

5.17. Maroela Media kan nie verantwoordelik gehou word indien kommentaar weens enige tegniese fout nie op die webwerf verskyn nie.

5.18. Die kommentator hoef nie in kennis gestel te word indien sy kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering hoef nie deur Maroela Media verskaf te word nie. Maroela Media hanteer nie navrae oor kommentaar wat, kragtens ons bepalings en voorwaardes, goed- of afgekeur is nie.

5.19. Maroela Media hou die reg voor om die kommentaarfunksie op enige artikel op die webwerf of plasing op sosialemediaplatform af te skakel, sonder voorafkennisgewing aan lesers. Redes vir die sluiting hoef nie deur Maroela Media verskaf te word nie.

5.20. Maroela Media hou die reg voor om, sonder verdere kennisgewing enige kommentators wat ons insiens hulleself op ʼn herhaalde basis skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, eensydig te blok van enige verdere deelname.

5.21. Die kommentator hoef nie in kennis gestel te word indien hy geblok is nie, en redes vir sy permanente verwydering hoef nie deur Maroela Media verskaf te word nie.

6. Klagtes

6.1. Indien enige persoon ʼn klagte/grief oor ʼn ander leser se kommentaar indien, sal dit deur Maroela Media ondersoek word.

6.2. Die voorkeurmeganisme vir kommentaar-beheer is die oordeel van ander kommentators wat onvanpaste kommentaar aanmeld met behulp van die ingeboude klagtemeganisme van die kommentaarstelsel

6.3. Die funksionaliteit waarmee klagtes aan Maroela Media gerig kan word, is geleë in die Kommentaar-blokkie onderaan elke artikel, by die skakel “Rapporteer”.

6.4. Kommentaar waaroor ’n sekere aantal klagtes ontvang is, soos van tyd tot tyd deur die redaksie bepaal, word normaalweg verwyder.

6.5. Kommentaar waaroor deeglik gemotiveerde klagtes ontvang word, selfs in die afwesigheid van klagtes van ander kommentators, word na meriete beoordeel.

6.6. Met die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes aanvaar lesers dat hul kommentaar gewysig of verwyder mag word indien dit nie aan hierdie bepalings voldoen nie. Indien ’n leser hom/haar herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings, kan hy/sy permanent geblokkeer word om weer op Maroela Media kommentaar te lewer.

7. Beskerming van privaatheid

Sien ons Privaatheidsbeleid en Koekies.

8. Eiendomsreg

8.1. By herpublikasie of verspreiding van enige geskrewe teks, gesproke teks, visuele produkte, multimediaprodukte of klankprodukte wat deur Maroela Media vervaardig is of besit word, moet Maroela Media as die oorspronklike publikasiemedium van die teks of produk vermeld word.

8.2. ʼn Aktiewe internetskakel na die oorspronklike artikel op Maroela Media se webwerf moet by herpublikasie/verspreiding gepubliseer word.

8.3. Geen inhoud mag vir besigheidsdoeleindes gebruik word sonder Maroela Media se instemming nie.

8.4. Met gebruik van enige van Maroela Media se inhoud vir radio- en televisieberiggewing moet erkenning aan Maroela Media as die bron van die inligting gegee word.

8.5. Multimediaprodukte en klankprodukte wat deur Maroela Media vervaardig en op die webwerf beskikbaar gestel is, mag nie op enige wyse gedupliseer, op ʼn ander webwerf gelaai word, op CD of in ʼn ander digitale formaat geskryf word, of vir kommersiële of nie-kommersiële doeleindes aan luisteraars of ander persone of instansies verskaf word nie.

8.6. Foto’s of klankgrepe wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is, mag nie op die internet herpubliseer word op so ʼn wyse dat die oorspronklike foto of klankgreep van Maroela Media se bediener ingetrek word nie (algemeen bekend as hotlinking). Hierdie aksie word gesien as diefstal, siende dat Maroela Media die koste van die verkeer dra.

8.7. Enige persoon (regspersoon of natuurlike persoon) sal plagiaat en/of intellektuele eiendomsregskending pleeg indien hy of sy Maroela Media se idees, gepubliseer of ongepubliseer, aanbied asof dit sy eie is. Hierdie idees sluit onder andere in, maar is nie beperk nie tot, geskrewe teks, gesproke teks, visuele produkte, multimediaprodukte, en klankprodukte.

8.8. Maroela Media hou die reg voor om toepaslike regsremedies teen beweerde oortreders in dié verband in te stel.

8.9. Maroela Media behou die reg voor om toegang tot die webwerf aan enige IP-adres te weier. Indien ongerymdhede, ongemagtigde toegang en/of aktiwiteite wat ʼn potensiële gevaar inhou, soos DoS-aanvalle, spamming en hacking vermoed word, sal Maroela Media die nodige stappe neem om die beskikbaarheid van die webwerf te verseker, insluitend voorsorgmaatreëls soos throttling en blacklisting van vermeende oortreders.

9. Vrywaring

9.1.  Maroela Media sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, eise, kompensasie, genoegdoening, ensovoorts wat opgedoen word deur webwerwe wat besoek is vanaf skakels op Maroela Media se webwerf nie. Sodra ʼn gebruiker via ʼn skakel op Maroela Media na ʼn ander webwerf beweeg, is die gebruiker onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van daardie webwerf.

9.2.  Maroela Media ondersteun nie en/of kondoneer nie noodwendig die produkte en/of dienste van die adverteerders wat op die webtuiste adverteer nie, en sal nie aanspreeklik gehou word vir enige beloftes wat deur adverteerders op Maroela Media gemaak word, spesiale aanbiedinge ensovoorts nie.

9.3.  Maroela Media aanvaar dat alle minderjariges wat die webwerf besoek, dit onder toesig van hulle ouers of voogde doen, of ten minste met die nodige toestemming van hulle ouers of voogde doen en sal daarom nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige aanstootlike, onwelvoeglike, vulgêre, eksplisiete, skokkende of gewelddadige kommentaar, beeldmateriaal of klankmateriaal waaraan minderjarige blootgestel word nie.

9.4. Maroela Media neem redelike stappe om gebruikers te beskerm teen skade en kuberkrakers, maar kan nie verantwoordelik gehou word indien hulle wel skade opdoen as gevolg daarvan nie.

10. Algemeen

Maroela Media sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, eise, kompensasie, genoegdoening ensovoorts wat opgedoen word deur –

10.1.  kommentaar wat ondertone van rassisme, seksisme of diskriminasie van enige aard bevat; en/of

10.2.  kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit; en/of

10.3.  kommentaar wat lasterlik of Godslasterlik van aard is; en/of

10.4. deelnemers wat hulle skuldig maak aan praktyke soos trolling, flaming en/of stalking nie.

11. Kontak ons

11.1. Kontak ons gerus enige tyd om:

11.1.1. Toegang tot inligting wat Maroela Media oor jou het te versoek;

11.1.2. Enige inligting wat Maroela Media oor jou het te korrigeer;

11.1.3. Verwyder enige inligting wat Maroela Media oor jou het.

11.2. Ons e-posadres is [email protected].