Vertel ons hoe ons Maroela nóg lekkerder kan maak!

Ons wil seker maak Maroela Media bly die lekkerste kuierplek op die internet – die Afrikaanse nuusplatform waar jy tuis is. Neem deel aan dié kort meningspeiling sodat ons beter kan verstaan wat jy van Maroela verwag.

Ons wil met dié opname ons lesers se behoeftes beter verstaan en seker maak dat ons vir jou ʼn Maroela gee wat aan al jou voorkeure voldoen.

Elke stem is vir ons belangrik en ons sal beslis al die moontlikhede oorweeg – natuurlik soos wat dit tegnies moontlik is en so vinnig as wat ons dit kan toepas. Die vraelys behoort nie langer as vyf minute te neem om te voltooi nie.