Boek: ‘Covid-19 speel ʼn sleutelrol,’ sê digter Cas Vos

Cas Vos

Pyn en (moontlike) verlies staan tematies sentraal in die bundel, en dit figureer ook sterk in die afdelings “Die bedreigdes” en “In Job se skoene”. Dit moet in konteks van die huidige koronaviruspandemie gesien word, wat die bundel baie aktueel maak.

Dis egter nie net pyn en verlies wat Vos aanraak nie, maar ook die mens se sterflikheid, Ars Poetica, liefde, kuns en musiek. Vos se uitstekende kennis van die Griekse mitologie kan gesien word in sterk gedigte soos “Voorspel tot Hektor se dood”, “Odusseus en Kirke se flirtasie”, asook “Ode aan Aphrodite”.

Daar is talle hoogtepunte in die bundel. Om maar net ’n paar te noem, “Ontnugtering” en “Corona”. Dié gedigte is gelyktydig aangrypend, filosofies en angswekkend. Dit is ’n kreatiewe dokumentasie van hierdie tye. Verder is daar “Paddas”, “Eerstelinge”, die ontroerende “Bruid van Beiroet”, “Die Boheemse Rapsodie”, “lewe en dood”, “Die towerfluit”, “Waagstuk”, asook “Adam Small, hy kô hystoe” met die skerpsinnige slot:

God se dice het toe wee geval,
die basterds moet opsy staan
wan Adam Small kô hystoe,
hy kô paradys toe.

Vos se bundel Beskut teen vrese word gekenmerk deur sterk en vars beelde, slim woordspel en -vernuf. Ondanks die donker tye waarin ons onsself bevind, sal dit ’n wonderlike pronkende pouveer in die Afrikaanse letterkunde wees.

Om ’n eksemplaar van Beskut teen vrese te koop, stuur gerus ’n e-pos aan Tertia Swart of bel haar by 078 648 8616. Die bundel kos R240 en posgeld is ingesluit. Prys is onderhewig aan verandering.

Luister hier na Nic de Jager se voorlesings uit Vos se jongste digbundel Beskut teen vrese:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.