Digkunskompetisie vir ywerige skrywers

Argieffoto (Foto: Andrian Valeanu/Pixabay)

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) beywer hom vir die behoud en uitbouing van die Afrikaanse taal.

“Ons weet dat die hart van die taal die letterkunde is, en dat die hart van die letterkunde die digkuns is,” sê André Alkema, organiseerder van die kompetisie vir die GHA. Dit is die vyftiende digkompetisie van die organisasie. “Deur die jare is daar wonderlike gedigte geskryf en ʼn keur van die ingeskrewe gedigte is in Stemme uit die Suiderland gepubliseer.”

Alkema sê gedigte is stories met min woorde, en kan deur ritme, rym en emosie ʼn nuwe bewussyn skep wat van groot waarde kan wees. “Digters is die stemme wat praat namens die volk, ʼn tipe spieël wat opgehou word vir almal om te sien hoe ons lyk: ons drome, ideale en uitdagings.”

Jy kan nou deelneem aan die GHA se jaarlikse digkompetisie! Groot pryse is op die spel: die algehele wenner ontvang ʼn kontantbedrag van R3 000, die naaswenner ontvang R2 000 en daar is 11 afdelingpryse van R1 000 elk.

Die sluitingsdatum van die kompetisie is 30 Junie 2019.

Afdelingsonderwerpe is:
1. Die pad vorentoe. ’n Toekomsblik
2. Die erwe van ons Vaad’re
3. Hoe lyk ons nou? Spieël. Humoristies (dalk)
4. Geestelik
5. Liefde
6. Natuur
7. Mymeringe
8. Terapeuties. Ek het weer opgestaan!
9. Verset teen onreg
10. Algemeen
11. Afrikaans, o soetste taal. Jou het ek lief bo alles

Skakel 081 250 5060 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] om in te skryf.

Dr Dirk Hermann van die Solidariteit Beweging is die beskermheer van die GHA se jaarlikse digkompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.