Woord:
skalk (verouderd; ongewoon)
Betekenis:
Skelm of deugniet: Die skalke, die skelms, word gevang en hulle word slawe en knegte van gemaak. So kry die woord skalk mettertyd ook die betekenis “kneg” (J. Combrink: Woord, s.j., 12).
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands schalk wat “skelm” beteken.
Ook:
skalks (byvoeglike naamwoord) skalkse; skalkser; skalksste. Speels, ondeund of onnutsig, dikwels op ‘n tergerige of skelmrige manier: ‘n Skalkse glimlag = Die skalkse knypie van ‘n Italianer in Rome (Vaderland, 17 Jun. 1964, 2). Die portret is byna skalks geskilder sonder dat die meisie self geweet het dat die skilderes daarmee besig was (Lantern, Des. 1967, 50).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.