Danie Swart, ‘n trotse Uitenhager skryf:
Hier is ʼn versoek aan die hele land en al sy mense wat huiwer en nie weet wat om te doen nie. Help asseblief die mense wat ongeletterd is. Verduidelik vir hulle die implikasies van dit wat aangaan en wat kan gebeur indien hulle kant kies vir die korrupte skelms (Zuma-regering) wat so ʼn groot inkomste verdien (en nog meer voordeel gaan trek as almal nie hul stem by die anti-Zuma-beweging voeg nie).
Die Wes-Kaap gaan gebuk onder droogte, terwyl Zuma ʼn swembad het (vir watter doel nou ook al) en daar nie geld is om ʼn wateraanleg te bou nie – hetsy ʼn pypleiding vanaf ʼn groot genoeg dam in krisistye of om seewater te ontsout.
Staatsamptenare verdien meer as wat nodig is, terwyl hulle jou nie voorsien van kos nie. Die Zuma-kliek het luukse huise, terwyl baie mense op straat slaap.
Mense moet besef: Ongeag watter party aan bewind is, daar sal altyd korrupsie wees (dit is deel van sommige mense se kultuur en dit is vanaf die wêreld se bestaan reeds so), maar dit kan beheer word as mense daarteen opstaan as dit ontmasker word.
Stem vir die land en sy mense om die Zuma-regering vir eens en altyd uit die prentjie te kry, sodat die armes ook kan voordeel trek uit dit waarvoor die ANC al die jare geveg, gely en opgeoffer het. Stem vir beter welstand en goedkoper daaglikse behoeftes en ʼn regering wat jou kan voorsien van mediese sorg, bystand vir jou oudag en ʼn beter toekoms vir jou kinders en kleinkinders.
Kort voor lank sal ander lande ons begin boikot soos met Zimbabwe die geval is. Miskien besit die Guptas reeds groot gedeeltes van die land.
Die Zuma-regering kan ons nie ʼn rat voor die oë draai en sê hul lede het berou en is jammer dat hulle Zuma teengegaan het nie. Dit is gesê om ʼn skeuring in die ANC te verhoed, maar ons weet reeds daar is mense wat die werklike ANC steun – en die ander.
Die ANC lede wat nou weer amok maak en die BFLF, het hulle ook toestemming om optogte te hou of is dit vir die ANC nie nodig nie? Dis hironies dat die anne politieke groepe geen apens van geen aard by hC het geduurig wapens en knop kieries, BFLF is so dom dis nie snaaks nie, as ons land in rissesie gaan maak dit nie saak wie of wat jy is nie jy is in jou glorie of jy nou land het of nie
Sonder ‘n goeie grondwet wat almal in die land se doen en late reguleer is ons oorgelaat aan Afrika se wind en weer en totalitere anargie. Ons is ‘n eenpartystaat met ‘n roekelose outokraat as leier wat onaantasbaar regeer en gesteelde geskenke gaan uitdeel vir meerderheidstemme om die wet nog meer op te dons. En die wit volk het sy eie hande laat afkap vir die voorreg om die queen se hand te soen. Watter doel dien optogte, klagstate en petisies? Kyk: Kos word nou maar weer gratis aangery vir Zim se armes en die res boer hier. Die land behoort nou aan ‘n terror-iste organisasie. Maar ons bly tog so verbaas. Is ons breindood?