Luister:  Griekwagebed – Psalm 84

Karoo_kerk_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Psalm 84

Jirre, hoe lieflik is U se heilige hys,
ek wil vi U nou net da gat prys.
Ek wil self nou seintoe gaan
en voor U se deer loop staan.
Ek raak in my hart in bang,
Jirre, vi hierie groot velang.

Die kiewiet het nou hy se plek,
die korhaan met hom skelterbek
is by U se skerm sosse hondjietjie tys.
Ek vra ok die skylte van U se hys,
want een inkelte dag op U se werf
is beterder as om te orie dyne te swerf.

Ek staan liewerster en klop aan U se deer
as te loop kyer byrie sypviere sonnerrie Heer.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.