Soorte resepte:

Resep: Tuisgemaakte aromatiese olies

Tuisgemaakte aromatiese olies (Foto: Lapa-uitgewers)

Gegeurde olies is dikwels baie duur, maar jy kan jou eie maak om mee te kook, slaai te bedruip of as ʼn spesiale geskenk vir iemand te gee.

Lewer 500 ml olie per resep

Rissie-olie

Bestanddele

  • 30 g cayenne- of jalapenorissies
  • 500 ml olyfolie of olyf/saadolie-versnit
  • 1 lourierblaar

Metode

  1. Spoel die rissies onder koue water af en druk goed droog met kombuispapier.
  2. Kap die rissies en voeg dit saam met die lourierblaar by die olie. Giet die olie in ʼn gesteriliseerde bottel en verseël.
  3. Laat die olie vir 10-15 dae op ʼn donker plek rus sodat die geure kan vermeng.
  4. Gebruik ʼn fyn sif, kaasdoek of koffiefilters en filtreer die olie in ʼn skoon droë bottel. Voeg ʼn paar ekstra rissies by om die olie beter te laat vertoon. Verseël en gebruik soos nodig oor pasta, vis, vleis of pizza.

Sitrus-en-vinkelolie

Bestanddele

  • 1 lemoen
  • 1 suurlemoen
  • 15 gekneusde vinkelsaadjies
  • 500 ml olyfolie of olyf/saadolie-versnit

Metode

  1. Was die lemoen en suurlemoen goed en maak dit droog. Skil albei met ʼn skiller en voeg die skil en vinkelsaadjies by die olie.
  2. Giet die olie in ʼn gesteriliseerde bottel en verseël. Laat die olie vir 14 dae op ʼn koel, donker plek rus sodat die geure kan vermeng.
  3. Gebruik ʼn fyn sif, kaasdoek of koffiefilters en filtreer die olie in ʼn skoon droë bottel. Verseël en gebruik soos nodig oor slaaie, vis of hoender.

Salie-en-komynolie

Bestanddele

  • 10 salieblare
  • 15 gekneusde komynsaadjies
  • 500 ml olyfolie of olyf/saadolie-versnit

Metode

  1. Was die salieblare goed in koue water en maak deeglik droog met kombuispapier. Plaas in ʼn gesteriliseerde bottel, voeg die komynsaadjies by die olie en giet oor die slaaiblare.
  2. Laat die olie vir 14 dae op ʼn koel, donker plek rus sodat die geure kan vermeng.
  3. Gebruik ʼn fyn sif, kaasdoek of koffiefilters en filtreer die olie in ʼn skoon droë bottel. Verseël en gebruik soos nodig oor pasta, slaaie of geroosterde varkvleis.

Bron: Koskaskos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.