Hierdie koekies word nie gebak nie en die resep is eenvoudig genoeg dat kinders dit self kan maak.
Lewer sowat 30 koekies
Bestanddele
2 k wit suiker
125 g botter
3 e kakao
½ k melk
3 k hawermout
1 k klapper
½ k grondboontjiebotter
5 ml vanieljegeursel
Metode
Smelt die suiker, botter, kakao en melk oor ʼn lae hitte. Kook dit vir 1 minuut sodat kookpunt bereik word.
Meng nou hawermout, klapper, grondboontjiebotter en vanieljegeursel deeglik saam met die kookmengsel.
Skep lepelsvol van die beslag op bakpapier en verkoel vir 1 uur in die yskas.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.