Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand regstreeks ʼn gesprek met kenners gevoer oor Covid-19.
Lees meerAlles vir Maandag 13 April 2020
Só lyk jongste Covid-19-statistiek in SA
Die getal gevalle van Covid-19 het die afgelope 24 uur met 99 gevalle toegeneem in Suid-Afrika.
Gesondheidskomitee waarsku teen opheffing van drankverbod
Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, dr. Sibongiseni Dhlomo, maan pres. Cyril Ramaphosa om versoeke te ignoreer om die verbod op alkoholverkope op te hef.
ToekomsVenster: Kan ons anders dink oor Covid-19?
Mag jy vandag nuwe vrede vind in die wete dat Hy ons nie aan onsself en omstandighede oorlaat nie. Wees sterk. Moenie bang wees nie. Die Here is by jou.
Covid-19: Unicef bekommerd oor kinders in aanhouding
Honderde duisende kinders wat tans wêreldwyd in aanhouding is, staan ʼn groot risiko om met Covid-19 besmet te word en moet vrygelaat word, het die Verenigde Nasies (VN) se kinderfonds (Unicef) Maandag gesê.
Sien om na jou geestesgesondheid tydens Covid-19
Daar is toenemende kommer oor die ingrypende veranderinge wat Covid-19 veroorsaak in ons lewe, gemeenskap en ekonomie. Geleerdes is veral bekommerd oor die psigologiese effek van die pandemie op veral bejaardes, kinders en tieners, minderbevoorregtes en gesondheidswerkers.
Gesonde peuselhappies tydens die afsonderingstydperk
Ongelukkig, saam met die spanning, verveeldheid en emosies, vergryp baie Suid-Afrikaners hulself aan kos en ongesonde peuselhappies. Hier is ’n paar riglyne om jou te help verseker dat jou werksklere wel sal pas wanneer jy weer jou sweetpak met jou werkpak moet vervang.
China verwerp bewerings van diskriminasie teen Afrikane
Die Chinese regering verwerp berigte van beweerde diskriminasie en mishandeling van Afrikane wat in Guangdong-provinsie bly en werk. Die regering hou vol almal word regverdig en met menswaardigheid en respek hanteer.
Blitspatrollie-lid beskuldig van vriendin se moord
ʼn 41-jarige polisiesersant van die blitspatrollie in Midrand, Gauteng, word beskuldig van die moord op sy vriendin, ʼn 35-jarige vrou van Pretoria.
Slaap – jou immuniteit se geheime wapen
Die studie het gevind dat mense wat minder as ses ure slaap ’n aand kry, vier keer meer geneig is om griepsimptome te ontwikkel as mense wat sewe ure en meer geslaap gekry het.
Mila Guy ontgin komediegoud in Afrikaans
“Hoewel dit altyd my instink is om iets dieper te maak, het ek later agtergekom daar is tog ʼn ligter kant aan my en het dit begin ontgin.”
Lemoene, koue storte en skaafplekke: Dís wat rugby so lekker gemaak het
Toe ek vroeër in die week ʼn pakkie lemoene (saam met ander noodsaaklike kruideniersware) gekoop het en een van hulle in kwarte opgesny het, het ek teruggedink aan rustyd …
Só lyk Mosselbaai se Covid-19-getalle
Mosselbaai se munisipale bestuurder, Thys Giliomee, sê hy is uiters bekommerd oor die toenemende aantal gevalle van Covid-19 op die kusdorp en in die nabye munisipale omgewing.
Byna R4,5 miljoen vir Solidariteit Beweging se krisisfonds ingesamel
Skenkings aan die Solidariteit Beweging se krisisfonds, wat gestig is om onder meer kinders en bejaardes met noodvoeding te help, beloop tans al byna R4,5 miljoen.
White praat oor die nuwe era wat wink by die Bulls
“Ek is steeds dieselfde Jake White; ek wíl wen.”
‘Profeet’ vas oor video met vals nuus
ʼn Man, wat homself ʼn profeet noem, is in hegtenis geneem oor ʼn video met vals nuus wat hy versprei het.
Boekvoorlesing: 40 dae tot hoop
“40 dae tot hoop” help lesers om ’n deurdagte pelgrim te wees deur te weet waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is. Luister hier na ‘n voorlesing deur Ronell Bezuidenhout.
Ramaphosa betreur geweld tydens afsondering
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag, in die derde week van die Covid-19-afsondering, ʼn toename in die geweld teen vroue en vandalisme van staatseiendom betreur.
Nuuskommentaar: Gaan skopdop goeie kommunikasie se doppie klink?
President Cyril Ramaphosa se statuur baat aansienlik deur die wyse waarop hy oor die Covid-19 en afsonderingsperiode met die publiek kommunikeer, maar die boodskap self word deur blatante kommunikasiefoute deur van sy ministers belaglik gemaak.
15-jarige vas wat glo met vuurwapen betrap word
ʼn 15-jarige tiener is in hegtenis geneem toe hy glo met ʼn 9 mm-pistool betrap is waarvan die reeksnommer glad gevyl is.