Soorte resepte:

Resep: Biefstuk-en-niertjiepastei

Biefstuk-en-niertjiepastei. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Heerlike, warm pastei sal enigeen kan bekoor.

Lewer 6–8 porsies.

Bestanddele

  • 3 e (45 ml) beesvet of botter
  • 1 groot ui, grofgekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 spekrepies, gekap
  • 3 e (45 ml) koekmeel, gegeur met sout en peper
  • 750 g stowebeesvleis, in blokkies gesny
  • 250 g bees- of lamsniertjies, skoongemaak, buisies verwyder en in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • fyn neutmuskaat na smaak
  • 2 k (500 ml) vleisaftreksel
  • 1 e (15 ml) tamatiesous
  • 1 e (15 ml) gekapte vars pietersielie
  • 1 e (15 ml) worcestersous
  • 2 t (10 ml) bruinasyn
  • 3-4 wonderpeperkorrels
  • fyn koljander na smaak
  • 1-2 lourierblare
  • ‘n rol klaargemaakte skilferkorsdeeg

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Smelt die vet of botter in ‘n swaarboomkastrol en braai die ui en knoffel tot die ui deurskynend is. Skep die ui en knoffel uit en hou eenkant.
  3. Braai die spekblokkies tot dit net verbruin. Skep uit en hou saam met die ui.
  4. Strooi die gegeurde meel oor die vleis en niertjies en skud die pan sodat die vleis egalig bedek is. Braai oor lae hitte in dieselfde kastrol tot die vleis goudbruin is.
  5. Voeg die ui, knoffel en spek by die vleis. Geur na smaak met sout, peper en neut.
  6. Voeg die aftreksel, tamatiesous, worcestersous en asyn by en laat vir 1-1½ uur prut. Geur met sout en peper, indien nodig.
  7. Skep die vleis in ‘n pasteibak, bedek met die skilferkorsdeeg en bak vir 1 uur of tot goudbruin.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.