Soorte resepte:

Resep: Blaaibrood

Blaaibrood. (Foto: Braaigeregte/Lapa Uitgewers)

Kikker jou Paasfeesbraai met dié lekker broodjies op.

Lewer ongeveer 40 broodjies.

Bestanddele

  • 2,5 kg witbroodmeel
  • 1 x 10 g-pakkie kitsgis
  • 5 ml sout
  • 15 ml suiker
  • ongeveer 1,3 liter louwarm water
  • bietjie olie vir smeer
  • 250 g (ongeveer 250 ml) of dalk meer Holsum of ongesoute botter

Metode

  1. Meng meel, gis, sout en suiker in ‘n mengbak saam. Roer water by tot ‘n sagte deeg vorm en knie sowat 10-15 minute op ‘n meelbestrooide oppervlak, of tot sag en elasties.
  2. Smeer deeg liggies met olie en plaas in ‘n skoon bak. Bedek met ‘n skoon doek en laat op ‘n warm plek tot dubbel die volume rys.
  3. Knyp groterige deegballetjies af en druk elkeen plat. Stip 2-3 klontjies Holsum of botter oral op deeg en vou deeg dubbeld. Druk weer plat en herhaal proses sowat 4-5 keer.
  4. Braai plat degies soos roosterkoeke aan beide kante oor matige kole. Sit dadelik voor.

Bron: Braaigeregte.
Uitgewer: Lapa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.