Soorte resepte:

Resep: Hoendergereg

spook-resepBestanddele:
1 hoender
1 pakkie sampioensoppoeier
125 g botter of margarien
4 middelslag tamaties (geskil en in blokkies gesny)
70 g (125 ml) (½ k) koekmeelblom
250 g gerasperde Cheddarkaas
sout en peper na smaak
100 g (250 ml) (1 k) macaronistukkies of noedels
2 middelslag uie in blokkies gesny
200 ml (¾ k) koue water

Metode:
1. Geur hoender en kook sag.
2. Ontbeen en sny vleis fyn.
3. Vul hoendersous aan met water tot 625 ml.
4. Voeg soppoeier by – roer gereeld en kook tot dik.
5. Kook macaroni tot sag en dreineer.
6. Smelt botter in groot kastrol – voeg uie by en braai tot sag.
7. Voeg tamaties by en kook ‘n rukkie.
8. Meng meel met water en voeg by tamatiemengsel.
9. Voeg sop by en roer tot gemeng.
10. Voeg hoender, kaas en macaroni by – meng en laat prut vir ‘n paar minute.

Resep: Mollie de Witt
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
henriette taylor

Mollie, hoop nie jy is oorgewig nie want dit sal my nie verbaas nie! Suster, in hierdie dae waar almal ten minste PROBEER om gesond te eet gee jy so n resep! OP WATTER PLANEET BEVIND JY JOU? 125 gram botter! En dit nog by hoender wat seker vel aan het en Cheddar kaas! Verhit n stukkie Cheddar kaas en kyk hoeveel vet le bo! Ek probeer ten minste want ek is lekker vet.
Groete
henriette