16de OTM in Kaapprovinsie opgeblaas

Die 16de geval van OTM-bomontploffings in die Kaapprovinsie sedert die begin van die jaar is Donderdag aangemeld na nog ʼn OTM in Kaapstad opgeblaas is.

Volgens Kaptein Frederick van Wyk het die ontploffing omstreeks 13:00 buite ʼn winkel in Epping plaasgevind.

Dit is nog nie seker of daar geld gesteel is nie. Niemand is in die voorval beseer nie. Polisie vermoed dat ʼn bende vir die OTM-bomontploffings verantwoordelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.