Altesaam 42 mense is beseer nadat die bus waarin hulle gery het, Maandag in ʼn rivier naby Dordrecht in die Oos-Kaap beland het, het die SAUK berig.
Die bus was onderweg van Transkei na Dordrecht toe die bestuurder beheer oor die bus verloor het weens ʼn “meganiese fout”, het Tshepo Machaea, ʼn woordvoerder van Arrive Alive, aan die uitsaaiers gesê.
– SAPA