Wou jy nog altyd sien hoe Riaan Cruywagen vir Steve Hofmeyr ‘n opstopper gee (of andersom)? Hier is jou kans!
Die Top 10 in die stryd om die Grootste Afrikaner van Alle Tye is bekendgemaak. In die historiese kategorie spook Paul Kruger, Koos de la Rey, CJ Langenhoven en M.E. Rothman dit uit. Riaan Cruywagen, Steve Hofmeyr, Laurika Rauch en Mimi Coertse is die finaliste in die eietydse kategorie en Liewe Heksie en Haas Das wil jou stem hê in die fiktiewe kategorie.
Uit meer as 700 nominasies het 45 Afrikaners na die uitdunrondte deurgedring. Tien van dié 45 het nou deurgedring na die Top 10-rondte nadat hulle die meeste stemme ontvang het.
Insetsel op eNuus oor Die Grootste Afrikaner van Alle Tye Top 10:
En waar is Hendrik Verwoerd….hmm ?
Duidelik het hy uitgeval in een van die rondtes. Dis tog seker nie ‘n moeilike vraag om te beantwoord nie?