ʼn Outomatiese tellermasjien (OTM) is Dinsdagoggend in Mitchells Plein, Kaapstad, opgeplaas.
Ao November Filander, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê vier mense het plofstof by ʼn BP-vulstasie-OTM in Caravellestraat, Rocklands, laat afgaan. Die masjien is erg beskadig, maar geen geld is gesteel nie. Die bende het skote afgevuur en in ʼn wit Toyota Camry gevlug. Geen beserings is aangemeld nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.