Engeland het Indië met 196 lopies geklop op Lord’s om ʼn 1-0 voorsprong te neem in die reeks van 4 toetse wat gespeel word. Indië moes 458 lopies aanteken maar is in sy tweede beurt vir 261 lopies uitgehaal.
Engeland se James Anderson het vyf paaltjies laat kantel vir 65 lopies. Die reeks gaan voort met die tweede toets wat Vrydag gespeel word. Indien Engeland die reeks met minstens twee toetse wen sal hy Indië vervang as die Internasionale Krieketraad se voorste toetskrieketspan.