Die prys van petrol sal Woensdag met 34c per liter styg, het die departement van energie Vrydag gesê.
Die groothandelprys van diesel met ’n swawelinhoud van 0,05% sal met 1c per liter daal terwyl die prys van diesel met ’n swawelinhoud van 0,005% met 2c per liter sal daal. Die groothandelprys van paraffien sal met 3c per liter daal en en die maksimum kleinhandelprys sal met 4c per liter daal.