Die Duitse herversekeraar, Munich Re, sê in sy jongste verslag dat daar in 2013 in natuurrampe wêreldwyd sowat 20 000 mense omgekom het, byna twee keer soveel as die vorige jaar.
Wat skade betref, was die skade weens natuurrampe effens minder as die vorige jaar, en het sowat $125 miljard bedra. Hiervan was sowat $31 miljard se beskadigde eiendom verseker.
Die grootste lewensverlies, sowat 6 000 mense, is deur die tifoon Haiyan veroorsaak, wat die Filippyne, Viëtnam en China getref het. Oorstromings in Indië het sowat 5 500 lewens geëis.
Die oorstromings wat Wes-Europa in Junie 2013 getref het, was die duurste natuurramp van die jaar. Die totale verliese het meer as $15 miljoen beloop.
Volgens die kaart wat die verslag vergesel, het Suid-Afrika vier noemenswaardige vloede beleef, en het ook verskeie kere onder kwaai storms deurgeloop wat skade aangerig het.
Die volledige verslag kan hier gelees word.