Aansoek oor wynverbod deur ‘eiebelang’ gedryf – minister

(Foto: Vinpro/Facebook)

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê dit sou nie prakties wees om die verkoop en vervoer van wyn, maar nie enige ander drank nie, toe te laat nie en dat die aansoek deur eiebelang gedryf word.

Sy hou in hofstukke vol die verbod op alkohol is tydelik en dat deurlopende evaluering gedoen word om enige verandering in omstandighede in ag te neem.

Die landbouorganisasie Saai se aansoek om die verbod op wyn ter syde te laat stel, word volgende week in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor. Saai voer aan die herinstel van die drankverbod is arbitrêr en irrasioneel.

Dlamini-Zuma sê nou in haar hofstukke daar is geen gronde vir Saai se bewering dat wyn anders as ander soorte drank hanteer moet word omdat dit nie tot misbruik ly nie en nie verantwoordelik is vir alkoholverwante trauma nie.

“Die uitwerking van alkohol is dieselfde, of dit nou die gevolg van wyn of enige ander drank is. Om wyn dus toe te laat, maar nie ander soorte drank nie, sal nie die doel bereik om die las op alkoholverwante hospitaalopnames te verminder en dus lewens te red deur die gesondheidsorgstelsel te beskerm nie.”

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die minister voer aan Covid-19-gevalle in Suid-Afrika styg daagliks steeds skerp en dat een van die hindernisse vir die doeltreffende behandeling van Covid-19-pasiënte die feit was dat hospitale en ongevalle-afdelings oorval is deur alkoholverwante traumagevalle nadat die aanvanklike verbod opgehef is. Strenger maatreëls wat dadelik vrugte sou afwerp, moes dus ingestel word.

Pres. Cyril Ramaphosa het die aankondiging oor die hernude verbod op ʼn Sondagaand gedoen, nadat drankwinkels ingevolge die afsonderingsregulasies reeds die voorafgaande Donderdag gesluit het. Daar was dus geen kans vir verbruikers om groot hoeveelhede drank te gaan koop nie.

Dlamini-Zuma sê Saai vra nie dat die beperkings in die geheel hersien en ter syde gestel word nie, maar dat dit aangepas word om vir die verkoop en vervoer van wyn voorsiening te maak. Sy voer aan die applikante gee dus toe die verbod is rasioneel en dus regmatig.

“Hulle vra dat ʼn uitsondering vir wyn gemaak word, terwyl die verbod geldig bly.

“Die regering se verpligting is veel wyer. Hy het ʼn plig om alle Suid-Afrikaners se inkomste te ondersteun en lewens te red.”

Dlamini-Zuma sê die vervaardiging en berg van drank word nie verbied nie en uitvoere, asook verspreiding en vervoer vir die doel van uitvoere, is steeds toelaatbaar. “Die uitvoermark vir wyn en ander drank is ʼn beduidende gedeelte van die bedryf en het nie enige bekende verband met ʼn verhoogde las op ons gesondheidsorgstelsel nie.”

Sy sê die verbod is dus beperk tot dié aspekte van die bedryf wat druk op die gesondheidsorgstelsel en wetstoepassingsowerhede kon plaas.

(Foto: Saai)

“Die verbod op die verkoop van alkohol is as tydelike maatreël ingestel. Dit is een van verskeie maatreëls wat ingestel is om die infeksiekoers te verminder en om druk op die gesondheidsorgstelsel te verlaag. Dit werk saam met ander maatreëls, soos die aandklokreël en sosiale afstandhandhawing in openbare ruimtes.

“Die opskort van drankverkope sal gereeld heroorweeg word terwyl die regering ook probeer om die lyding vir die ekonomie en indiwidue te beperk.

“Die regering het geen behoefte om die verbod langer as nodig te laat geld nie.”

Dlamini-Zuma het toegegee dat sy geen openbare insette voor die afkondiging gevra het nie, maar voer aan dat dit nie ʼn vereiste was nie.

Sy vra dat die aansoek met koste van die hand gewys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Outop ·

Sy sê sy is ‘n mediese dokter. As sy die laaste lewende een was sou ek nie na haar toe gaan nie. Sy is blind vir die skade aan landbou, vervaardiging en die totale vernietiging van die ekonomie.

Alleen Wolf ·

Sy weet presies warmee sy besig is t.o.v. die ekonomie, alles deel van haar duiwelse kommunistiese planne, sy en die ANC dink as hulle blanke besighede vernietig gaan hulle “People” instap en oorvat, ek het nuus vir hulle, dit gaan nie gebeur nie, die poeple is inherent nie instaat daartoe om sinvol besigheid te bedryf nie, so hulle sal misluk en die land en regering net nog verder verarm, ek kan nie wag vir die dag wat hulle nie die klomp lui korrupte staats amptenare se salarisse nie kan betaal nie, dan gaan die poppe dans.

Adam Adriaan ·

Haar en die ANC se doel is om die boere vanaf plase te dryf deur hulle finansieël te knak. Dit is haar hoof rede vir die verbod, daarmee saam ook al die drankhandelaars te knak. Dit is hoe kommunisme werk. Verarming van die bevolking sodat totale beheer oor hulle verkry kan word!!!! Dan is dit tien maal erger as wat apartheid ooit kon gewees het. Strook met die beleid van die ANC wat in 2017 aanvaar is, by hulle kongres

Trotse Boervrou ·

Dit sal werklik beter wees om nie enige iets te plaas wat sy kwytraak nie.

Chris dupreez ·

Ek dink jy tree op in eie belang NDZ ,en nie vir Suid Afrika of sy mense nie

Kokerboom ·

Ekt nou alles gehoor!Hoekom luister die howe na die arrogante irrasionele onbeholpe kader? Kan die regters nie vir hulself dink en SIEN watter skade die onwelkome vrou aan die landsekonomie doen?Wanneer gaan nugterheid, sinvolheid en realisme by die skadelike regime inslag vind?Hoekom verdra ons die twak?!!!!

Jacobus ·

Werk die versameling brein dooies elkeen in sy eie silo. Eiebelang = die van vervaardigers, kleinhandel, families, belasting betalers en letterlik derduisende mense geraak deur die stommiteite. Bly sy het by sigarette eenkant gelos. Die huidige situasie is Zuma familie eie belang. Of is dit net ek wat nie die moroniteite insien nie?

johanf ·

Hahaha, reeds die wynkoppe wat meeste drink, en van mes stekery in trauma eenhede beland, dalk moet daar hieroor ook statistieke gehou word, gaan loer vir ń slag op ń Vrydag, Saterdag aande by Hospitale se Ongevalle, dalk val jou oogklappe af…..jy is van die pad af…..gaan weg…..!

Persheks Adri ·

Magsmisbruik en korrupsie is al waaroor dit gaan! Ek drink nie eers nie, maar wat van die mense wat sonder werk gaan sit? Dis jou eie mense ook nie net blankes wat sonder werk gaan sit nie. Kopdoek se vingers mos diep in daai sakke!!! Sy maak SOOOOO naar met daai geel lappie oe ee ee!

Anoniem ·

Vra die evaluerings dokumente aan waarvan die minister praat. Ek is seker hulle gaan niks kan gee nie en daarop kan aangeval word.

PieterP ·

Daar sou nie druk op die gesondheidstelsel gewees het indien daar ‘n gesondheidstelsel was nie antie! Julle is nooit vir enige iets voorbereid of reg nie, net vir plunder van staatsgeld en die ondergang van die land.

Ou gees ·

Sisi, ek kan my eie alkohol by die huis maak. Jou redenasie is idioties.

agnes ·

Sy is so bly dat sy die hef in die hand het. Sy sal nie toegee nie want sy wil almal net n punt wys. Weg met ma Zuma!

Johan D ·

Maar natuurlik tree hulle op in eie belang asook vir die hele waardeketting, hulle is mos nie ʼn welsynsorganisasie nie!

Piet ·

Kan die kopdoekie nie verstaan dat sy haar naam elke keer met ‘n plank slaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.