Brand verwoes vier winkels, drie karre

Brand in Komatipoort op 22 Januarie 2015 Foto: Securicon Lowveld

Brand in Komatipoort op 22 Januarie 2015 Foto: Securicon Lowveld

Vier winkels en drie motors is Donderdagoggend in ʼn brand in Komatipoort in Mpumalanga verwoes.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie,” het Cyril Ripinga, woordvoerder van die Nkomazi-munisipaliteit, gesê, het ʼn Sapa-korrespondent berig. “Dit is nie duidelik waar die brand ontstaan het nie, maar vier winkels, insluitend ʼn taverne, is afgebrand. Drie motors wat daar naby parkeer gestaan het, het ook uitgebrand.”

Maroela Media het vroeër berig boere en inwoners van Komatipoort in Mpumalanga het Donderdag mense wat in ʼn brandende gebou in die dorp vasgekeer was gered, en gehelp om die brand te blus. Klik hier om meer te lees.

Die eienaars van die gebou wou nie met die media praat nie.

Jacob Sithole, een van die werknemers by een van die winkels, het gesê sommige mense is oortuig die brand het in die taverne ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.