Covid-19-statistieke: Minder nuwe gevalle, sterftes

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Saterdagaand altesaam 3 601 630 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 3 342 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 12 sterftes is oor die vorige 24 tot 48 uur bevestig, terwyl 121 vorige sterftes bygewerk is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 94 905 te staan.

Altesaam 3 439 482 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 67 243 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 33 189 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 18 159 (54,7%) in die private sektor en 15 030 (45,3%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in die Gauteng (31%), gevolg deur die Wes-Kaap (15%), Limpopo (13%), KwaZulu-Natal (11%), Mpumalanga (10%), Vrystaat (7%), Noordwes (6%), Oos-Kaap (4%) en Noord-Kaap (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 1 050
  • Wes-Kaap: 515
  • Limpopo: 425
  • KwaZulu-Natal: 353
  • Mpumalanga: 349
  • Vrystaat: 224
  • Noordwes: 214
  • Oos-Kaap: 138
  • Noord-Kaap: 74

Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 29 806 720 inentings teen Saterdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.