Drie verbrande liggame in motor gekry

Die liggame is onderskeidelik aan die bestuurders- en passasierskant, asook in die kattebak ontdek (Foto: Verskaf)

Drie verbrande liggame is Vrydag in ʼn uitgebrande motor op ʼn plaas buite Mbombela, Mpumalanga, gevind.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is twee liggame onderskeidelik aan die bestuurders- en passasierskant, asook een in die kattebak ontdek. Die liggame is onherkenbaar verbrand.

“Volgens inligting het ʼn plaaswerker omstreeks 14:00 opgemerk dat ʼn plaashek oopstaan. Volgens die werker was die hek Maandag gesluit,” sê Mdhluli.

“Met ondersoek het die werker ʼn Hyundai i10-motor opgemerk. Die motor was uitgebrand en hy het drie liggame in die motor gewaar.”

Die werker het die polisie na die toneel ontbied.

Die identiteit van die oorledenes is in hierdie stadium nog nie bekend nie. Die omstandighede en motief rakende die voorval word nog ondersoek.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.