ʼn Klein gedeelte van ʼn plafon het Woensdag omstreeks 15:10 in die wandelgang tussen Sandton City en Nelson Mandela-plein in Sandton ineengestort.
“Een klant is beseer en ontvang mediese behandeling,” het Julie Hillary, algemene bestuurder van Sandton City en Nelson Mandela-plein, aan Maroela Media gesê. Die betrokke partye is dadelik ontbied en die gebied is beveilig en afgesper.
“Ons wil graag ons klante gerusstel dat die veiligheid van ons klante en winkeliers van uiterste belang is. Ons eerste prioriteit nou is om te bepaal hoe dit gebeur het. Ons sal deeglik ondersoek instel,” het sy bygevoeg.
Wie was die boukontrakteur en wie het toesig gehou ?
Kan net raai.
Ek hoef nie eers te raai
Proudly south africa bee pty limited