Volgens die berig is Mdluli en Barnard meegedeel dat hulle op 1 April in die Pretoriase handelshof moet verskyn. Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die NVG, het aan Netwerk24 bevestig dat albei se regspanne sowel as regsverteenwoordigers van Freedom under Law ingelig is dat die vervolging teen Mdluli voortgaan.
Netwerk24 het berig dat Mdluli en Barnard, ook van misdaadintelligensie, op die aanvanklike aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery sal verskyn. Volgens die berig het Mxolisi Nxasana, nasionale direkteur van openbare vervolging, besluit om die aanklagte weer in te stel.
Mdluli en Barnard het tereg gestaan op aanklagte van bedrog ná die beweerde misbruik van ʼn misdaadintelligensiefonds. Die bedrogsaak het onder meer verband gehou met bewerings dat twee motors vir die eenheid gekoop is.
Netwerk24 berig die bedrog beloop ongeveer R1,28 miljoen, volgens die klagstaat. Die saak teen Mdluli en Barnard is in Desember 2011 teruggetrek sonder dat daar enige redes verskaf is.
Ek wonder net HOEVEEL van ons belasting geld word spandeer aan hier die hekse jagte wat jare aanhou en net mooi boggerol oplewer?