‘Niks anders nie as harde werk’ sorg vir A’s

Nicolas Smit (Foto: Verskaf)

Nicolas Smit van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch sê harde werk het gesorg vir die agt onderskeidings wat hy verlede jaar behaal het. “Ek is trots op die harde werk en wat ek ingesit het om dit te bereik.”

Weens sy liefde vir wiskunde gaan hy vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer. Hy het veral baie gehou van addisionele wiskunde. “Dit is ʼn hoër vlak van wiskunde wat my denke meer stimuleer en my uitdaag om harder te moet werk.”

Nicolas het Duits as ʼn ekstra vak gevat. “Ek het Duits geneem omdat dit baie deure vir ʼn mens oopmaak. Ek wil veral graag eendag gaan toer of emigreer, dan sal die taal nuttig te pas kom”.

Nicolas vertel dat hy sy skooljare baie geniet het. “Dit is altyd lekker om tussen vriende by die skool te wees en die onderwysers doen ook baie moeite om die klasse interessant te maak.”

Nicolas sê hy motiveer homself om hard te werk. “Ek weet wat ek eendag wil bereik en hoekom. As jy dit weet, is dit baie makliker om jouself te motiveer en hard te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.