Mamaru het Saterdag tussen 17:00 en 17:40 saam met twee ander vermeende misdadigers uit die selle ontsnap nadat hulle ʼn gat in die dak gesny het.
Volgens AfriForum word Mamaru daarvan verdink dat hy op Saterdag, 30 Augustus 2014 op die plaas Elandskloof tussen Dullstroom en Belfast ʼn arbeider met ʼn bottel geslaan, gesteek en toe glo met ʼn klip doodgeslaan het. “Die polisie het eers sowat vier uur na die moord opgedaag. Op Sondag, 31 Augustus is Piet weer buite die plaas deur werkers opgemerk en die polisie is onmiddellik in kennis gestel. Die beampte aan diens het glo gesê dat hy te bang is om te reageer en dat hy dus eers op Maandag, 1 September na die verdagte sal soek. Dit het sowat 14 dae geduur om ʼn arrestasie uit te voer,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê.
“Hierdie rompslomp dui op die onbevoegdheid en selfs moontlike betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se lede by misdaad. Iemand kan beslis nie ontsnap deur ʼn gat in ʼn dak te sny sonder om die nodige gereedskap te bekom nie.” Mamaru word volgens Cameron ook gesoek vir ʼn moord wat hy na bewering in 2012 gepleeg het.
“Gemeenskappe moet hulself beveilig omdat die staat nie bevoeg is of die wil het om doeltreffende beskerming aan gemeenskappe te bied nie,” het Cameron afgesluit.
Daar stem ek hul help dat hul kan ontsnap en in di eerste plek waar kry hul n voorwerp om n gat in di dak te sny. Nou moet ons as mens ons seker self toe sluit in ons huise
Mag hy gou gevind word voor hy nog n moord pleeg
As die Polisie te slapgat is en te bang is wat maak hulle dan daar? Kry polisiemanne wat nie so useless is nie en nie bang is nie. Dis ‘n skande dat hulle so agteruit gegaan het maar mos net hulle word aangestel en die mense wat die werk kan doen nie.
Hoe gerieflik is dit nou net nie! Julle is patete en onbevoeg om julle werk te doen. Baie gerieflik en saam in een span!!
Die feit dat die beampte te “bang” was om uit te gaan en die feit dat die verdagte so maklik ontsnap het, laat ‘n mens nogal dink! En ook as iemand ‘n gat in die dak sny, gaan dit beslis nie vinnig gebeur nie. Waar is die toesig dan? Kameras?