Twee van die 20 prominente sakepersone wat in Kimberley en ander provinsies in hegtenis geneem is, is in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis vir handeldryf met ongeslypte diamante.
Die mans wat daarvan beskuldig is dat hulle die Diamantwet oortree het, het tereg gestaan op aanklag van geldwassery, swendelary, korrupsie, handeldryf met ongeslypte diamante en bedrog.
“Ismail Collier (47) en Antonio Ingala (72) het op 13 Desember 2016 skuld erken,” het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê. Hulle is vroeër in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag dat hulle in Kimberley onwettig met diamante handelgedryf het.
“Collier en Ingala is elk met R7,5 miljoen beboet wat in die Verhaling van Kriminele Bates (Cara)-rekening inbetaal moet word,” het hy bygevoeg. “Die twee mans is ook elk tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is met streng voorwaardes dat hulle nie tydens dié periode vir dieselfde misdade skuldig bevind sou word nie.”
Die oorblywende prominente sakemanne se verhoor hervat vroeg in Januarie 2017 in Kimberley.
Wonder maar net wie dit is?????
En nog ‘n bietjie geldjies vir Zuma?
Arme hulle! Dit alles net om die Openheimer clan se miljoene te verseker en te beskerm!
Die wet kan ook geskrap word. Suid Afrika en Botswana is die enigste lande wat sulke wette het. Drakensberger is reg, dit beskerm die Oppenheimer gebroedsel.
Wonder net as jy in n goudmyn onwettig goud uithaal. Woe Koop en verkoop dit.? vra net
Hoe wil dit half vir my voorkom dat die vonnis swaarder is as die wat uit gelewer word op grusame moorde. Die ou wat 223 km/pu gery het en mense se lewens in gevaar gestel het is net R40 000 gevonnis…
Ietwat belaglik sou ek dink…
Ek stem vir vryhandel in diamante. Dit behoort nie net aan sommige magnate nie maar aan almal wat kan en wil.
JA ek wil ook weet – hoekom word diamanthandel enigsins gereguleer deur wetgewing? Dis ‘n kunsmatige (geskepte) mark wat deur ‘Big Money’ onderhou word. (Nou is mens sommer skielik ‘n VREESLIKE GROOT KRIMINEEL sou jy bv erens loop en ‘n ongeslypte diamant optel wat natuurlik in die area voorkom. Hoe bizar!)
Basson…..die twee sleutelwoorde wat jy geskryf het is “Big Money”……..hulle run die show
Stupid wet…as ek n’ diamant optel op my plaas in die Noord-Kaap en ek adverteer dit as te koop in die plaaslike koerant…hoe is ek nou n’ krimineel ?
Baie intresant, die onwettige delwer in Kimberly, hoeveel van hulle word gevang en beboet. Ai die nuwe suid afrika van ons met sy streg wette van gebruik word net soos dit n mens pas. JA swaer dit knetter maar.