ʼn Vermeende rower is Maandag in Roodekop, oos van Johannesburg, doodgeskiet.
“Vier mense wat hulself as klante by ʼn skrootwerf voorgedoen het, het die eienaar met vuurwapens gedreig en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gesteel,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Terwyl hulle weggehardloop het, het hulle die vuurwapens op veiligheidswagte gerig en toe deur ʼn heining gespring.”
Polisiebeamptes wat op die noodoproep reageer het, het een van die verdagtes in Heidelbergweg opgemerk. “Die man het op die polisiebeamptes geskiet en hulle het teruggeskiet. Hy is op die toneel dood.”
Die polisie is nog op soek na die ander drie verdagtes.
Seker weer oud sapd wapens wat hulle gebruik het
Die arme ouens het seker maar net jobs gesoek
Ou Gert.
Hoop net nie die polisie beskuldig word oor hulle n skelm geskiet het nie.