Tyd is ryp vir nuwe bestuursmodel vir munisipaliteite – AfriForum

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se aankondiging dat slegs 5% van munisipaliteite in Suid-Afrika as stabiel bestempel kan word en meer as die helfte in ’n finansiële verknorsing is, beklemtoon volgens AfriForum ’n dringende behoefte aan ’n nuwe bestuursmodel vir munisipaliteite.

Volgens Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, is Cogta se aankondiging nie nuus nie.

“Cogta se jongste aankondigings verras ons nie, maar ons besef wel dat dit nou meer as ooit tyd is vir buitengewone ingrypings in munisipaliteite en vir ’n nuwe bestuursmodel vir munisipaliteite. Dit sal verhoed dat munisipale dienslewering heeltemal in duie stort,” het Kruger gesê.

Volgens Kruger het AfriForum reeds omvattende voorstelle gemaak vir deelnemende bestuur binne ’n koöperatiewe model, wat in ooreenstemming is met bestaande munisipale wetgewing.

“Ons glo dat dit moontlik is vir rolspelers in gemeenskappe wat oor die nodige vaardighede, ervaring en positiewe ingesteldheid beskik om saam met munisipaliteite te werk om stabilisering in munisipaliteite te bewerkstellig. Ons het hierdie omvattende voorstelle by verskeie geleenthede reeds aan die regering gestuur, maar geen reaksie daarop ontvang nie.”

Die onlangse verslag van die organisasie Corruption Watch – wat bevind dat die meeste korrupsie in munisipaliteite in munisipale bestuurders se kantore en in verkrygingsafdelings plaasvind – beklemtoon die behoefte aan groter deursigtigheid en deelnemende bestuur in sekere sleutelgebiede in munisipaliteite.

“Rolspelers in gemeenskappe se deelnemende bestuur binne ’n koöperatiewe model is kritiek noodsaaklik om toe te sien dat korrupsie hokgeslaan en uitgeroei word. Gemeenskappe kan nie langer staan en toekyk hoe belastinggeld geplunder en geen dienste aan gemeenskappe gelewer word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Heinrich ·

Al wat gaan help hier is om ontslae te raak van die ANC en EFF, hulle het bewys dat hulle nie in staat is om te regeer nie.

JohanR ·

Sal dit bedoel dat mense met breins sal aangestel word, en nie ANC kaders met droe mielie putte tussen linker en regter ore?

annie ·

Cogta het reeds ‘n skrikwekkende reddingsplan op skrif wat beslis gelees moet word.; ‘n hoofstuk uit die Kubaanse handleiding oor hoe om kop-eerste oor die afgrond te sloeg. Antie ex-Zuma het haar goue Parker-pen vir die okasie uit sy kassie gehaal. Dit is deurspek met kommunistiese drome en edele dade wat ‘n slaaplose nag daarna verseker.

Blomme ·

Dit moes al lankal gebeur het. Klomp onbevoegdes wat net in die regte politieke party is. Weet NIKS van bestuur en of die portefeuljes wat hul beklee.

Jannie van Niekerk ·

Doen weg met burgemeesters en politieke munisipale raadslede wat absoluut NIKS beteken of NIKS werk doen om ‘n munisipaliteit in werkende toestand te hou nie. Laat elke Munisipaliteit homself bestuur soos ‘n besigheid en laat sy inkomste slegs vir daardie spesifieke munisipaliteit aangewend word en nie buurdorpe onderhou nie. Indien dit nie kan gebeur nie, moet geen burgemeester of raadslid enige vorm van vergoeding kry voordat die munisipaliteit se verpligtinge tov waterrvoorsiening, Eskom en ander krediteure nie eers nagekom is nie. Dit sal geen skade waas as hulle nie dalaris kry nie want hulle doen in elk geval niks.

Hardekwas ·

Dié wat nie belasting betaal nie kan nie stem nie. Punt. Wat tans gebeur is dat dié wat nie belasting betaal nie vir die betalers sê hoe die betalers se geld op die nié betalers gespandeer moet word. Aldus die patetise gemors waarin onsself op die oomblik bevind.

Samuel ·

Cogta het altyd plek vir ‘n intelligente Kubaan of twee. Kommunistiese ideologie.

Fanie ·

Bring verantwoordbaarheid terug en PAS DIT TOE in ALLE staats- en semistaatinstellings. Die reëls en regulasies is reeds daar maar dit word mos slegs lukraak toegepas as dit sekere mense se doelwitte pas. En dan gebeur niks daarna met hulle nie. Waar staatsinstellings se jaarlikse OG verslae gekwalifiseer word, dank die betrokke rekenpligtige beamptes af. Waar korrupsie, bedrog of diefstal gevind word, dank die rekenpligtige beampte af en sluit die betrokke partye toe. Dit sluit in die korrupte beamptes SOWEL as die persoon/ne wat bereid was om omkoopgeld ens. te betaal. Ons sal nou nie ingaan op die idee van bevoegde aanstellings nie, want dit sal ongelukkig nie gebeur terwyl die ANC en sy bedmaats in beheer is nie.

Willem ·

JohanR, droë mieliepitte kan nog gebruik word vir veevoer of springmielies. Die mense van wie jy praat het absoluut niks tussen hul ore nie; daar is net ‘n lugleegte.

Marshall ·

Die enigste bestuursmodel wat kan werk is totale politiese skeiding van die kognitef bevoegde minderheid van die kognitief onbevoegde meerderheid in die vorm van afstigting. Die Globaliste se eenheidstaat gaan in duie stort. Pogings om die eenheidsstaat aan die gang te hou is teenproduktief.

Swerwer ·

Baie maklik, stel die regte mense in die regte poste aan en nie ongeskooldes nie.

Villie ·

… “Ons het hierdie omvattende voorstelle by verskeie geleenthede reeds aan die regering gestuur, maar geen reaksie daarop ontvang nie.”… Ja want hulle ( die regering) stel nie belang in oplossings nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.