Dis weer amper tyd vir die moordende Comrades-marathon. En asof dit nie ‘n groot genoeg uitdaging is nie, het ‘n byeboer van Johannesburg besluit hy gaan die wedloop agteruit hardloop.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Wat sal ons nie alles aanvang om deur die publike gesien te word nie.
Ek sou iets anders probeer om aandag te trek.
Nou-ja as dit sy klokkie laat lui, dan wens ek hom sterkte toe!Hy moet pasop, om die Comrades te hol is alreeds ‘n hengse “strain” op jou liggaam – agteruit? Ek weet darem nie, hy doen sy liggaam heel moontlik nog meer skade aan!
Ek het drie Comrades’e onder nege ure gehardloop en kan jou verseker ek weet waaroor dit gaan. Hierdie ou soek sensasie en hy kry dit. Hy hoef nie eers meer te hardloop nie, hy’t klaar vermag wat hy wou. Een ding is seker, as hy wel gaan hardloop soos hy se, gaan hy baie vroeg handoek ingooi! Om natuurlik te hardloop is klaar ‘n stryd. Om onnatuurlik te hardloop, is moeilikheid soek!