[Video] Panayiotou: Video-gesprek in hof gespeel

Christopher Panayiotou, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko (met sy gesig bedek) in die hooggeregshof in Port Elizabeth (12 Oktober 2016). Foto: ANA/Raahil Sain

Die volledige beeldmateriaal, met vergunning van AlgoaFM, volg onderaan die berig.

ʼn Video waarin Christopher Panayiotou homself glo betrek by die moord op sy vrou, Jayde, is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gespeel.

Jayde is op 21 April 2015 buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy gewag het op ʼn saamrygeleentheid na Riebeeck College, waar sy ʼn onderwyseres was. Haar liggaam is die volgende dag buite die Kwanobuhle informele nedersetting in Uitenhage gevind.

Die staat beweer Panayiotou was die meesterbrein agter haar moord en het Luthando Siyoni betaal om huurmoordenaars te kry wat sy vrou sal vermoor. Volgens die staat het Sinethemba Nenembe vir Sizwe Vumazonke gehelp om die moord uit te voer. Zolani Sibeko het na bewering ook ʼn rol in die uitvoering van die moord gespeel. Vumazonke is verlede jaar in aanhouding dood.

Op 29 April 2015 is daar tydens ʼn geheime polisieoperasie ʼn gesprek tussen Siyoni en Panayiotou in ʼn motor op video vasgevang.

ʼn Binneverhoor is tydens Panayiotou se moordverhoor begin oor die toelaatbaarheid van die video as ʼn bewysstuk. Die staat voer aan die video is ʼn belangrike bewysstuk in die verhoor omdat Panayiotou homself in die beeldmateriaal by Jayde se moord betrek. Die verdediging het aangevoer Siyoni is geslaan en gedwing om Panayiotou te betrek en daarom is die video nie toelaatbaar nie.

Regter Dayalin Chetty het Maandag bevind die video moet toegelaat word en dit is vandag in die hof gespeel.

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

In die video, wat ongeveer 10 minute lank is, sê Panayiotou herhaaldelik vir Siyoni om hom nie te bel of te SMS nie omdat “hulle” sy oproepe dophou. Panayiotou vra ook vir Siyoni watter vrae die polisie aan hom gestel het en of daar gevra is of hy [Panayiotou] by die misdaad betrokke was. Siyoni antwoord daar is “so iets” gevra.

Panayiotou sê in ʼn stadium vir Siyoni om sy selfoon en SIM-kaart te vernietig, aangesien hy die betrokke dag vir Panayiotou verskeie kere gebel het. Wanneer Siyoni vir Panayiotou sê hy vertrou hom nie, antwoord Panayiotou: “Ek sweer op my lewe ek het niks gesê nie, maar hulle kan natuurlik sien wie ek gebel het. Hulle luister my telefoongesprekke af en [sien] elke nommer wat ek bel. Hulle ondersoek my familie ook. Iemand het iets gesê.”

Siyoni antwoord dat die saak nou ʼn moord is en nie ʼn rooftogsaak nie. Hy noem Sizwe se naam en sê Sizwe is ook besig om te vlug. “Ja, maar dit is oor hulle, Thando. Hulle het dit gemaak soos dit is. Hulle het dit so groot gemaak,” sê Panayiotou.

Later sê Panayiotou weer: “Hierdie ouens het dit groot gemaak. Ek het vir jou gesê om vir hulle te sê om dit buite die huis te laat doen en die sakke en ringe te vat en hulle het nie die horlosie of enigiets gevat nie. Hulle het alles net daar gelos, verstaan jy, nou lyk dit soos ʼn ‘hit’. So nou is hulle agter my aan en daarom kan ek jou nie net so voor mense sien nie, Thando.”

Tydens die gesprek waarsku Panayiotou verskeie kere vir Siyoni om hom nie op sy selfoon te bel of te SMS nie, maar net die selfoon te laat lui en dan neer te sit sodat Panayiotou hom van ʼn ander telefoon af kan terugbel.

Beeldmateriaal met vergunning van AlgoaFM:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Francois le Cochon ·

Ooops, iemand het sy eie doppie geklink. 25 Jaar gratis verblyf!!!

Ekke ·

Vonnis en kry klaar. Moenie verder geld mors op die hofsaak nie!!!!!!

Onnie ·

Hy se dan heeltyd by is onskuldig, hoe gat by nou lieg?? Eks bly di regter ht di video toegelaat, dt sal tragies wees as nog n koelbloedige moordenaar loskom oor n tegniese puntjie of di polisie se onkunde en ongeergdheid. Dit sal eintlik belagik wees. Almal weet nou 100% hy is skuldig, wa voor nog di belastingbetaler se geld mors?! Hou nou op lieg seun, en wees n man, erken jy ht jo eie jong lieflike vrou laat vermoor – en vat jo pak soos n man! Jy was mans genoeg om di grudade uit te dink, nou is jy skielik bang vi di consequences. Geen jammerte vi jo ni ou, jy verdien alles wt nou mt jo gaan gebeur. Ja, jo lewe is verby – wel, n oog vir n oog en n tand vir n tand- jo soort soek ons anyway ni los rond loop ni. Sy sit en lag nou seke leka va da bo af vi jo – elke hond kry sy dag – ek is saam mt ha bly vdag, ek smile va oor tot oor?

Liezel ·

Blykbaar het hy n affair gehad en wou haar uit die pad hê. Ekt gedog gewone mense skei om uitmekaar te gaan , nie moor nie!

AFFAIR ·

Hy het ‘n affair gehad. en volgende berigte het sy pa gese hy gaan hom onterf as hy van sy vrou skei ( want dis buite hulle geloof) en wel as jy nie kan skei nie is dood seker maar die laaste opsie… As hy skei verloor hy al sy geld, erfstukke en sy “meisie” maar “as die dood hulle skei” dan behou hy alles en nog beter die lewens polis betaal uit, maar jah so vang slim sy baas nhe. Hoop hy sit some vir baie lank…

Ruby ·

Liewe hemel! Hy praat van sy vrou asof sy ‘n stuk niks is!

Puik speurwerk, hoekom nog verdedig, dis net om geld te maak.

Hy kan HOE vir sy pa vertel hy is skuldig, na hierdie video moet sy pa die waarheid vierkantig in die oë kyk.

Uvonka ·

Ja nee die ou het duidelik met sy onderlyf gedink. Sou mos baie makliker gewees het om te skei, maar nou ja, geite oorheers seker alle denke.

christa Nagel ·

sodraai die wiel ne. Hy moet kry wat hy verdien, om ander vir sy vuilwerk te huur en hulle die skuld moet kry.

Tanya ·

Nou wat meer is nodig om hom lewenslank weg te sit? Hier het die polisie alles. Sy was so pragtige vrou. Nog haar hele lewe voor haar gehad. Hy het haar nie verdien nie. Gemors.

Laurika ·

Kan jy GLO…. Hy sê so klaend – “this thing cost me a lot of money”. Genade…. watse verskoning vir ‘n mens is hy? Die hele video gee my absoluut die “creeps”. Ek wil asb nooit van aangesig tot aangesig met hierdie koue man wees nie.

Michelle ·

Ek geskok tot in my diepste wese.
NOGAL – “THIS THING COST ME A LOF OF MONEY”
waaaaatttt – wie de ongeluk dink jy is jy mannetjie.
Verwaande skepsel.

Se maar net ·

Wens ek kons sy gesig sien toe die begin speel in die hof

Engela de Klerk ·

A dispicable human being. I am utterly disgusted in his horrible actions to have his own, beautiful and purely innocent wife murdered. He should absolutely rot in jail!

Dankie dankie ·

Dankie dat die video toegelaat is en dankie dat ons dit ook kan hoor. Ek kan verstaan hoekom Advokaat Terry Price so veg om dit uit te hou, Advokaat wat sê jy nou, kom wees eerlik wat was Jayde se kanse, sy kon nie eens vra vir ‘n smeek video, sy kon nie eens smeek nie, wap wap doodgeskiet sonder enige keuses, dit is tyd dat mense regte van slagoffers belangriker as kriminele moet wees. Panayiotou mag jou gewete nooit stil raak nie, jou bang nooit verdwyn nie, dit is al wat sy gehad het en soveel hartseer om met jou getroud te wees.

Helene ·

Soo bly die video is toegelaat in die Hof. Hoe laag en gemeen kan mens daal? Vonnis hom sommer nou lewenslank en gooi die sleutel weg. Geen wonder Adv Price het probeer om die video uit die Hof te hou nie. Wonder wat gaan sy volgende verskoning wees?

Uitbasuin ·

Ek wil verder saam julle uitbasuin, hy praat met soveel disrespek van haar en dat die “ding” hom baie geld kos, ek wil huil , hy het net voor dit haar misbruik deur geld by haar Pa te leen en haar geldjies, het sy dalk vir haar eie moord betaal? Hoe wreed en siek kan 1 mens wees. Chanelle Coutts ek het geen respek vir jou & dan gaan kuier jy skelmpies in die tronk ook! Advokaat Price ek is jammer jy verdien nie my respek om jou werk te doen is 1 ding, maar om in karakters van eerlike mense in te klim om wat hier en met Jayde gebeur het te regverdig, verdedig en ‘n Regter van n saak te wil verwyder, jammer, maar ek kry die idee (uit jou nuutsre aansoek) dat jy dink jy God is, as jy sê iemand is nie skuldig, dan is dit so, verduidelik die video opname, dit is die waarheid, in soveel woorde.

Luister ·

“Jy is vas, jou koelbloedige moordenaar!”
Ek wens net S.A. moet ook die vonnis kry – lewenslank sonder kans vir parool!

Ammie ·

Buiten vir die ander vrou het hy het seker ‘n lewenspolis op haar naam ook uitgehaal?

Yvonne ·

Gelukkig ,wanneer hy skuldig bevind word, sal hy niks van haar boedel kry nie. ” Die bloedige hand mag nie erf nie” geld in die Suid Afrikaanse reg. Ek het met afkeur en walging nie die insetsel gekyk. Hierdie man het duidelik niks vir sy pragtige vrou gevoel nie. Vir hom was sy net ‘n objek wat verwyder moes word. My hart breek vir haar ouers wat hierna moes kyk. Ek wonder ook hoe voel sy eie ouers hieroor. Hy kon haar maar net geskei het . En om te dink sy verteenwoordiger het hand en tand baklei om die materiaal nie toe te laat nie omdat hy kastig “gevorseer” was om uitlatings te maak wat hom kan inkrimineer! Absolute twak. Hy lyk vir my glad nie gevorseerd nie, inteendeel , hy beplan steeds hoe die plan moet afgehandel word deur instruksies aan Siyone te gee. Die is ook reeds oorlede onder verdagte omstandighede in aanhouding. Laat my baie wonder……. Ek hoop dat geregtigheid sal geskied en dat almal betrokke die regte straf sal kry . Maar weet verseker , die groot oordeel wag…….

marous ·

Goeie aanklaer werk en sterk beslissing van die regter. Dis soos om iemand met ‘n vrot vis deur die gesig te klap . Wonder of hy of sy regsverteenwoordiger hulle koppe laat sak het…

Koos ·

Maroela media. Waarom kan ek nie jul videos oopmaak nie. As ek daarop klik, verskyn drie wit kolle op die foto. Help asb

Sune van Heerden ·

Dagsê Koos

Kontak ons asseblief by [email protected] en laat weet asseblief met watter toestel jy die webwerf besoek.

Jammer vir die ongerief!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.