Video: Swartmamba in KZN-huis gevang, vrygelaat

Rusa-beamptes het die swartmamba gevang (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Drie meter lange swartmamba is Saterdagaand in ʼn huis in Ndwedwe, KwaZulu-Natal, gevang.

Die eienaar van die huis het Reaction Unit South Africa (Rusa) omstreeks 20:30 geskakel ná sy die groot slang in die huis se sitkamer opgemerk het.

Rusa-beamptes Nkosinath Cyril Ndaba en Bishnu Maharaj is ontplooi en hulle het die swartmamba gevang. Hulle het die slang van die perseel verwyder en in ʼn natuurgebied, weg van die residensiële gebied, vrygelaat.

Hierdie mamba is een van die grootste giftige stange van Afrika en ook die mees gevreesde. Hy word gemiddeld sowat 3 meter lank, maar slange van tot 4,3 meter is al teëgekom. Sy byt is feitlik altyd dodelik as dit nie onmiddellik behandel word nie. ‘n Volwasse swartmamba het ‘n minimumkapasiteit van 20 druppels gif per giftand, waarvan twee druppels reeds ‘n dodelike dosis vir die mens is.

Indien ‘n swartmamba teëgekom word moet daar stadig en versigtig agteruit beweeg word. Skielike beweging sal die slang vinnig en baie kere laat pik. Die slang kan teen ‘n spoed van 20 km/h voortbeweeg.

In Suid-Afrika word die swartmamba hoofsaaklik in die laeveldgebiede van Mpumalanga, bosveld van Limpopo en Gauteng en in KwaZulu-Natal aangetref en leef hy in verlate erdvarkgate, termiethope en tussen die klippe op koppies. Sy verblyfplek is min of meer permanent. Hy is baie rats en is ewe tuis op die grond as in bome. Die prooi bestaan hoofsaaklik uit voëls en klein soogdiere soos knaagdiere en dassies. Hy vreet ook ander slange, soos kobras en pofadders.

Black Mamba Captured

Three Meter Black Mamba Captured & Released: Ndwedwe – KZNA three (3) meter Black Mamba was captured inside a home in Ndwedwe- Kwazulu Natal last night. Reaction Unit South Africa (RUSA) received the call for assistance from the home owner at approx. 20:30 (Saturday) after she fled her residence when she spotted a huge snake in the lounge. Reaction Officers Nkosinath Cyril Ndaba and Bishnu Maharaj arrived at the residence and after a 30 minute search, located the three (3) meter black mamba and removed the snake from the premises. It was then relocated in a greenbelt away from residential areas.

Posted by Reaction Unit South Africa on Sunday, December 24, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.