Vyf sterf in trompop botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Facebook)

Vyf mense is dood en nog een kritiek beseer nadat ’n motor en ’n bakkie Vrydag reg van voor op die R529 buite Giyani in Limpopo gebots het.

Vier insittendes van ’n Volkswagen-sedan is op slag dood. Die bestuurder van ’n Toyota-bakkie is op die ongelukstoneel in die Mopani-distrik dood verklaar.

Die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê ’n man is ná die botsing in ’n kritieke toestand na ’n plaaslike hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Inligting oor die ongeluk is in dié stadium nog skraps.

Die departement het wel gesê voorlopige ondersoeke dui daarop dat roekelose en nalatige bestuur moontlik die oorsaak van die ongeluk was.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het opnuut ’n beroep op motoriste gedoen om die verkeersreëls te gehoorsaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.