Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Ricky Brabec van die Verenigde State wag by die derde fase van die Dakar-veldtydren in Neom, Saoedi-Arabië, se wegspringpunt. (Foto: Bernat Armangue, AP)

Iranse wetgewers dreunsing slagspreuke in ʼn ope parlementsitting in Teheran, Iran, terwyl sommige van hulle plakkate van genl. Kassem Soleimani vashou. (Foto: Vahid Salemi, AP)

Lede van ʼn groep opgeleide Kersvaders uit Europa en die VSA dryf in die Dooie See naby Jerigo. (Foto: Ariel Schalit, AP)