Hillel Awasker (55), ’n skeidsregter van Israel, is dood nadat hy in Ashdod, Tel Aviv, deur ’n krieketbal teen die kaak getref is. Awasker het ook as Hillel Oscar bekend gestaan.
Awasker was ’n voormalige Israelse krieketkaptein, en het ’n hoogste telling van 244 nie uit nie, gehad.
Die ongeluk volg kort na die dood van die Australiese krieketspeler, Phill Hughes, wat teen die nek geboul is.
Awasker is getref na die kolwer die bal hard geslaan, en dit van die oorkantste paaltjies geskram en hom neergevel het. Volgens die nooddienspersoneel wat hom probeer bybring het, het hy ʼn hartaanval van die skok gekry.
Lees meer in Cricket Info en Trouw.